Magdaleen Smit van Plettenbergbaai is só passievol oor sampioene dat sy Mariska Spoormaker geïnspireer het om voortaan op die uitkyk vir sampioene te wees wanneer sy deur veld, vlei en bos loop. Magdaleen se sampioenstalletjie by ‘n markdag in Kouga het selfs peuters nadergelok.