Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
July 16, 2025Op 60 bo-op KilimajaroLorna Mooney het besluit om vir haarself 'n besondere geskenk te gee vir haar 60 ste verjaarsdag - om Kilimanjaro aan te durf. Op haar sestigste het sy heelbo gestaan en dit was minus 14 grade, maar Lorna se hart het vuurwarm geklop, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs....more9minPlay
July 16, 2025Wat gemaak na 90?Op 92 gaan die president van Kameroen, Paul Biya, weer staan as presidensiële kandidaat vir die volgende sewejaar-termyn. En Fauja Singh het sy eerste marathon op 89 aangepak, en ná 100 steeds aangehou....more2minPlay
July 15, 2025Êrens oorsee 15 Julie 2025Wiaan Visser vertel van Meksikostad, die hoofstad van Meksiko, met sowat 20-miljoen inwoners....more9minPlay
July 15, 2025Roseline vereer vir groen oorlewingsplanEens was Roseline Shimwenje haweloos en werkloos. Toe omskep sy 'n stuk munisipale grond langs die begraafplaas in Patensie in 'n groentelushof nadat sy al die onwettig gestorte rommel daar verwyder het. Nou het die Kouga-munisipaliteit Rosaline vereer met 'n toekenning vir uitstaande gemeenskapsdiens. Mariska spoormaker het met haar gepraat....more8minPlay
July 15, 2025Vliegkuns(mis)John Knuth se kuns word deur vlieë geskep. Hy voer hulle ’n mengsel van akrielverf en suikerwater. Met dié dat vlieë hulle kos opbring en weer opslurp, word patrone op ‘n doek gemaak....more2minPlay
July 14, 2025Haai- en rog-bewusmakingsdagMia Groeneveld en Karla Redelinghuys praat oor haai- en rog-bewusmaking. Hulle is die stigters van Science Saves Sharks. Hulle gesels onder meer oor die rol van genetiese toetse op haaivinne as bewyse in stropinghofsake....more13minPlay
July 14, 2025Die stormjagterGéne Morrison vertel vir Johan Rademan van sy gevaarlike stokperdjie. ‘n Netwerk van stormjagters hou die weer dop om foto’s en video’s van die vernietigende krag van die natuur te neem....more10minPlay
July 14, 2025Hoe het julle ontmoet? 14 Julie 2025Ina Snyman vertel van ‘n busrit waar sy en Hennie besluit het om die pad vorentoe ook saam aan te vat....more5minPlay
July 14, 2025Ontsnap in wasgoedsak‘n Franse gevangene is by die tronk uitgedra in ‘n ander gevangene wat vrygelaat is, se wasgoedsak. Die vryheid was egter van korte duur....more2minPlay
July 11, 2025‘G’n tamatiekonfyt? Dan maak ek my eie’Landboujoernalis Johan Gunter van Bloemfontein is só versot op tamatiekonfyt dat hy besluit het om sy eie te begin maak, nadat hy tevergeefs gesukkel het om dit in die hande te kry. Nou het hy al ‘n konfytbedryffie aan die gang gekry, het hy vir Mariska Spoormaker vertel....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.