
Sign up to save your podcasts
Or


Dit was Dinsdag 3 Mei 1927 toe Stephanus Swart onverstandig en roekeloos opgetree het. Dit het gelei tot ʼn tragiese gebeurtenis in die distrik Charlestown in die noorde van Natal. Gewapen en verby die punt van redelike denke, het Swart op die polisie losgebrand.
Sy slagoffers was nie net polisielede nie, maar ook onskuldige Charlestown-burgers. Dit is ʼn tragedie wat vandag dalk heeltemal vergete is, maar in die buitewyke van Charlestown staan ʼn monument wat die lewe van een van Swart se slagoffers herdenk.
Maar waarom het Stephanus Swart so opgetree? Wat het hom breekpunt laat bereik? Was Stephanus Swart regtig net ʼn “malboer”?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In Bloemfontein is ʼn voorstad genaamd Dan Pienaar. Bloemfontein is nie die enigste stad met ʼn voorstad wat na generaal-majoor Dan Pienaar genoem is nie. Wie was Dan Pienaar? En waarom was dit vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap van die 1940's belangrik om hom te herdenk deur nuwe ontwikkelde voorstede na hom te vernoem?
Was hy ʼn held uit die Twee Wêreldoorlog (1939-1945) of moet hy beskou word as ʼn tragiese figuur omdat hy op 19 Desember 1942 in ʼn vliegtuigongeluk gesterf het?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Carel Birkby se biografie oor luitenant-generaal George Brink, beter bekend as Uncle George, lewer 'n beknopte narratief oor die einste krygsman se lewe en loopbaan.
By die Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis, in Johannesburg, is daar ʼn uitstalruimte wat na generaal Brink vernoem is, 'n aanduiding dat hy eens op ʼn tyd ʼn belangrike persoon in Suid-Afrika was. Sekerlik is dit so wanneer mens sy dienste gedurende die twee wêreldoorloë, sy betrokkenheid by die Spesiale Diens Bataljon en die opleiding wat hy by die Militêre kollege in Pretoria behartig het, behoorlik bestudeer.
Dalk is George Brink die bewys dat mens ook "helde" in die logistieke uitvoering van 'n beplande veldtog kan kry. Net soos wat 'n flank die bal in die losgemaal kry sodat die agterlyn die punte kan aanteken, net so was offisiere soos Brink verantwoordelik vir die Unie Verdedigingsmag se voorrade, bewapening en taktiese beplanning. Sonder hulle sou Suid-Afrika nie daarin kon slaag om Oos-Afrika en Noord-Afrika te bevry nie.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Die biografie van kolonel Koos van Heerden is tans nie alombekend nie. Hierdie episode van Eensgesind se reeks: Helde beoog om dit te verander.
Kolonel Van Heerden het diens gedoen gedurende die Angolese Grensoorlog (1966-1989) en saam met Taakmag Zulu het hy ʼn gedugte krygsman geword. Dus, wat behels sy lewensverhaal?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
10 Oktober was voorheen bekend as Heldedag. Maar het Suid-Afrika helde en heldinne? Uiteraard is dit belangrik om ʼn geëerde persoon se lewensverhaal te ken om te kan bepaal of die persoon ʼn held is of nie.
Dit is die fokus van hierdie reeks deur Eensgesind, genaamd: Helde.
Ter aanvang van die reeks word die eerste opgetekende geval nagegaan van 'n krygsman wat deur die Khoi-gemeenskap by Tafelbaai as ʼn militêre held beskou was. Maar was hy ook 'n held vir die Portugese wat hy aangeval het?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Met die stigting van die nuwe Boererepublieke moes spesifieke beleide, reëls en regulasies gevolg word vir die bekom en bestuur van eiendom.
Een beleidsbepaling het dit vir voormalige Voortrekkerfamilies selfs moontlik gemaak om meer eiendom te bekom as families wat nie aan die Groot Trek deelgeneem het nie.
Die resultaat daarvan was 'n klasseverskil wat 'n groot invloed op Transvaal en die Oranje-Vrystaat se binnelandse politiek gehad het. Of was dit werklik die geval?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Hierdie episode van Grond handel oor die geskiedenis van grondbesit deur gemeenskappe wat hulle na 1820 noord van die Oranje- (Gariep) rivier gevestig het.
Gedurende hierdie tydperk het die Groot Trek plaasgevind en sodoende het die reëls en regulasies verander ten opsigte van grondverkryging en die gebruik en besit daarvan. Dit was nie net die Voortrekkers wat veranderinge in die binneland meegebring het nie. Die Britse Ryk en ander vorste in die binneland het ook daartoe bygedra.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Grond word kortliks gepraat oor die grondbesitstelsel in die Kaap de Goede Hoop van 1657 tot 1835.
In 1657 het die Vryburgers die reg gekry om leenplase te bewerk. Die klein groepie Vryburgers het vermeerder en gevolglik was daar 'n groter aanvraag na meer plase.
Wat het toe gebeur en wat was die gevolg tot en met die begin van die Groot Trek in 1835?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Eensgesind het 'n splinternuwe reeks geskep wat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika onder die vergrootglas plaas.
Eerstens is dit belangrik om te bepaal hoe grondbesit as sodanig in Suid-Afrika begin het en hoe dit aanleiding gegee het tot eiendomsbesit in die moderne tydperk waarin ons tans in leef.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode word die lewe van dr DF Malan se eggenote, Maria Malan (née Louw), behandel.
Beide was betrokke by die uitbou van die Nasionale Party in Kaapland. Dr Malan, as NP- leier in die vermelde provinsie, het Maria gereeld by funksies ontmoet.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
From the publisher's feed
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.