
Sign up to save your podcasts
Or


Hierdie is 'n opvolgepisode van Die Lang Generaal vertel...Deel 1, as deel van Eensgesind se OB-opnamereeks. In die tweede gedeelte van die gesprek wat met generaal Hendrik van den Berg deur historiese navorsers gevoer is, vertel hy en sy geselsgenote alles wat hulle ervaar het as lede van die Stormjaers en sodoende die Ossewa-Brandwag.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Eensgesind se reeks oor die Ossewa-Brandwag-opnames, vertel generaal Hendrik van den Berg waarom hy by die OB aangesluit het. Saam met ʼn paar van sy voormalige OB-kollegas fokus hierdie gesprek ook op ʼn rooftog wat hulle uitgevoer het, wie hulle verraai het en wat hul sabotasieplanne was.
Generaal Van den Berg was later bekend as die hoof van B.O.S.S. (Bureau of State Security) en ʼn persoon waarop eerste minister John Vorster waarlik kon steun. As gevolg van die lengte van die opname met generaal Van den Berg, sal sy onderhoud in twee dele vrygestel word. ʼn Kort biografie oor die generaal word wel kortliks gedeel, waarna die opname sal volg.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode bespreek Emile en Johan die historiese betekenis van 31 Mei. Dit was op 31 Mei 1902 dat die Boererepublieke tot niet gegaan het, maar dit was ook op die 31ste Mei dat die Unie van Suid-Afrika in 1910 gestig is. Toevallig?
Maar daar was toe weer iets beplan vir 31 Mei in 1928 en natuurlik ook toe Afrikanernasionalisme oor Britse imperialisme in 1961 getriomfeer het.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Dossier word die misdaadloopbaan van die bekende Foster-bende bespreek. In 1914 het die Foster-bende die stad Johannesburg op hol gehad. Van Julie tot September 1914 het die Unie Polisie alles in hulle vermoë gedoen om William Foster, sy vrou Peggy, John Maxim en Carl Mezar vas te trek. Op die 15de September het hulle wel iemand platgetrek, maar dit was nie die Foster-bende nie.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In Junie 2018, het Johan Wolfaardt en Emile Coetzee die ontstaan, ideologie en sleutelfigure van die Ossewabrandwag kortliks bespreek in die Padlangs episode -Waar oud stryders rus. In Eensgesind se nuwe reeks - Die Ossewabrandwag opnames, delf ons verder in die geskiedenis van die Ossewabrandwag en sy geheime. Hierdie keer praat lede van die Ossewabrandwag self oor hulle ervaringe.
Meer as 200 opnames is gedurende die 1970's en vroë 1980's, opgeneem deur die Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, vir hul Ossewabrandwag argief. Hierdie opnames is met die sluit van die argief aan die Erfenisstigting geskenk en is nou vir die eerste keer bekend gestel aan die publiek. Gedurende die loop van hierdie reeks sal ons na die stemme luister van voormalige president B.J Vorster, Generaal Lang Hendrik van den Bergh, prof. H.G Stoker en nog vele meer.
In hierdie eerste episode praat Dr. Albert Hertzog oor sy ervaringe van die Ossewabrandwag se leier- Kommadant Generaal J.F.J (bekend as Hans) van Rensburg. In opvolgende episodes sal Emile Coetzee en Johan Wolfaardt 'n proloog doen vir elke episode en kortliks die konteks skep vir elkeen van die sprekers.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode bespreek Wouter Botes die bekende saak van Jacoba “Bubbles” Schroeder se moord in 1949. Die Schroeder-saak is nooit opgelos nie en tot vandag toe weet niemand presies wat met die jonge Bubbles gebeur het nie. Al die feite van die saak dui nie op ’n enkele gevolgtrekking nie en sodoende, 70 jaar na haar dood, is haar moordenaar steeds onbekend.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
DOODLOOPSPORE
In hierdie episode van Doodloopspore bespreek Wouter Botes die gevalle waar bonatuurlike verskynsels as moontlike verklaring vir vreemde gebeure gegee word. Eers praat hy met dominee Nico Rautenbach oor die moontlikheid van spoke en ander bonatuurlike wesens en dan volg daar ʼn reeks interessante gevalle in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Veral die sogenaamde "Gedaante in die Pas" word geanaliseer.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode (wat deelvorm van Eensgesind se 2019 verkiesingsreeks), bespreek ek die trias politica leerstuk (ook bekend as die skeiding van magte leerstuk) , met spesifiek fokus op die samestelling en funksionering van die Suid Afrikaanse wetgewer (i.e. die parlement)
Die skeiding van magte leerstuk voorveronderstel 'n skeiding tussen die drie bene van staatsmag, naamlik die uitvoerende gesag, die wetgewende gesag en die regsprekende gesag. Die leerstuk se praktiese implikasies was as volg opgesom in die Grondwet sertifisering saak:“the principle of separation of powers, on the one hand, recognises the functional independence of branches of government.
On the other hand, the principle of checks and balances focuses on the desirability of ensuring that the constitutional order, as a totality, prevents the branches of government from usurping power from one another. In this sense it anticipates the necessary or unavoidable intrusion of one branch on the terrain of another. No constitutional scheme can reflect a complete separation of powers: the scheme is always one of partial separation."
Die bespreking dek verskeie onderwerpe, ondermeer, (i) die trias politica leerstuk, (ii) die samestelling van die nasionale vergadering, (iii) die samestelling van die nasionale raad van provinsies asook (iv) die wisselwerking tussen die nasionale vergadering en die nasionale raad van provinsies.Spesifieke fokus word geplaas op die verskillende stempersentasies wat van toepassing is op wetsontwerpe wat poog om die Grondwet te wysig. Hierdie aspek van die bespreking is natuurlik uiters relevant met betrekking tot die moontlike wysiging tot artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening van eiendom sonder vergoeding.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Verkiesing 2019, gesels Emile en Johan oor die laaste jare van Nasionale Party-beheer en die verkiesings, en selfs ʼn referendum, wat in die jare tussen 1987 en 1994 plaasgevind het.Herinneringe aan daardie tydperk se bekende politieke figure, uitsprake en gebeure vorm die hoofpunte van hierdie episode. Die dae toe 'n mens moes kies tussen die NP, KP, HNP, AVU en die PFP met die vrees van wat sal gebeur met die ANC, PAC en SAKP, is nog vars in die geheue van veral die senior burgers. Elkeen het hierdie era anders beleef en hul eie afleidings en gevolgtrekkings gemaak. Dit was ʼn tyd van onderhandelinge en hoë eise aan president F.W. de Klerk en sy administrasie.En toe kom 1994...Luister gerus saam na hierdie episode oor die oorgangstydperk wat na ANC-oorname gelei het.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Verkiesing 2019, word gekyk die verkiesings wat advokaat B.J. Vorster en meneer P.W. Botha gewen het.Op 6 September 1966 is dr Verwoerd in die parlement te Kaapstad vermoor en die Nasionale Party-koukus besluit dat sy opvolger die minister van Justisie, advokaat B.J. Vorster, moet wees. Die Vorster-era het wel die opvolgende verkiesing oorleef en die 1970's kan gesien word as die “Vorster-era”.Vorster moes teen 1978 plek maak vir sy opvolger. Hy wou wel verder aangaan as Staatspresident. Die minister van Verdediging, P.W. Botha, het by Vorster oorgeneem as die leier van Nasionale Party toe hy dr Connie Mulder in ʼn binne-partyverkiesing geklop het. As die 1970's Vorster se era was, dan was die 1980's die era van PW Botha. Botha het wel veranderinge aan verkiesings in Suid-Afrika gebring, wat net tot 1994 sou duur.Luister gerus saam na die verhaal van hoe Vorster en Botha die laaste bastions van Nasionale Party-mag in Suid-Afrika geword het.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
From the publisher's feed
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.