
Sign up to save your podcasts
Or


In hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes die verhale van bekende vliegongelukke in Suid-Afrika. Alhoewel die bekende Rietbok-vliegramp in ‘n ander episode bespreek word, kyk Wouter hier na die omstredenheid in ongelukke met kleiner vliegtuie, onder andere die Dreyer-geval in die distrik Burgersfort in 1980.
Dan was daar ook ’n vreemde voorval in Tanzanië. Wouter gesels ook met Henk Kraai van Blue ChipVliegskool by Wonderboom Lughawe om uit te vind wat gebeur wanneer ’n vliegtuig vermis word.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes van twee rooftogte wat wye mediadekking geniet het en die rowers in die oë van die Suid-Afrikaanse publiek soos helde laat lyk het. Die eerste saak is die Oppenheimer-juwelesaak van 1955. Eensgesind het onlangs die saak kortliks in die reeks Dossier bespreek. In hierdie episode word die verloop van die saak verder noukeurig behandel met ʼn waardevolle konteks.
Die tweede saak het in 1977 voorgekom. Suid-Afrika is een van die min lande waar onbekende bankrowers ʼn tonnel gegrawehet om ʼn bankroof uit te voer. In Mei 1977 het die alombekende “Grand Bank Snatch” plaasgevind waartydens R413 000 geroof is - alles deur middel van ʼn tonnel.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
'n Doodloopspore-episode
In hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes van die moord op prof. Johan Heyns en regter Kuper. In 1963 is regter Kuper in sy huis doodgeskiet terwyl hy saam met familie gekuier het. Dit het gebeur in ʼn tyd van onstuimigheid en Wouter skets die konteks deur middel van ʼn soortgelyke geval in die Verenigde State van Amerika.
Die onstuimigheid het nie in 1963 doodgeloop nie. Selfs in 1994 het nog ʼn sluipmoord Suid-Afrika geruk. Hoewel professor Johan Heyns kritiek uit verskillende oorde ontvang het, sou niemand kon dink dat hy op 5 November 1994 ook in sy huis doodgeskiet sou word nie. Is daar enige bose beplanning agter sy moord omdat dit op Guy Fawkes-dag gebeur het?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Om die nuwe jaar behoorlik af te skop, vertel Wouter Botes in hierdie episode van Doodloopspore wat in 1969 met Rosalind Ballingall gebeur het toe sy duskant Knysna verdwaal het. Was sy by die Cosmic Butterfly-kommune betrokke? Of is haar lewe gewelddadig tot ʼn einde gebring?
Die ander sake wat Wouter in hierdie episode na kyk, is die helikopter wat in die Knysna-woud in 1999 gevind is. Laastens word Vlug 406, ook bekend as die Rietbok-vliegramp van 13 Maart 1967, bespreek. Wouter gesels met ʼn veteraanvlieënier wat sy professionele mening gee oor hoe dit was om met die Vickers Viscount te vlieg.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes van die bekende spook-gevalle in die Jakarandastad. Vrae oor die lewe na die dood “spook” al eeue lank by die mensdom en spookstories kan in elke beskawing gevind word. Die meeste dorpe, stede, plase en slagvelde het ʼn verhaal van spokery wat die aandag van die publiek trek. Pretoria stel nie teleur nie.
Zwartkoppies, die Breytenbach-teater en die Jan Smuts-huis is die hooffokuspunte van hierdie episode, maar die relaas van elke spookgeval maak die drie plekke uniek. Met Botes en sy span se ondersoek by Smuts-huis is nog iets spesiaals gevind. Wat was dit?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes iets van die geheime wat in die skeepswrakke om Suid-Afrika se kus skuil. Die Kaap van Storms is deur generasies ervare seevaarders gevrees.
Wouter verhaal die lotgevalle van die Nuwe Haerlem meesterlik en deur middel van ʼn spesiale klankgreep word die gevoel van ʼn sinkende skip geskep; ʼn hoorbeeld wat niemand ooit sal kan vergeet nadat 'n mens daarna geluister het nie. Daar is natuurlik ʼn lys van ander skeepswrakke waarvan die skatte vandag nog op die bodem van die see lê. Glo dit of nie, maar daar is entoesiaste wat na die wrakke soek en dan duikekspedisies reël, met die nodige permitte natuurlik, om die verborge skatte te vind.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes geheime van die Anglo Boereoorlog (1899-1902). Dit behels stories wat nie gereeld oorvertel word nie en nog nie te veel aandag in akademiese navorsingsprojekte gekry het nie. So is die teregstellings van Cornelius Claassen en Johannes Coetzee verstommend - om die minste te sê.
Wouter gesels ook met Rina Wiid wat die plaas Doornbult besit. Op die plaas kan 'n mens vandag nog die voorwerpe sien wat deur die konsentrasiekampbewoners van die Doornbult Konsentrasiekamp buite Hopetown gebruik is. Dit is ʼn merkwaardige historiese bron vir enige belangstellende om te besoek.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Om die 50ste episode van Eensgesind se klanklêers te vier, begin ons met ʼn splinternuwe reeks: Doodloopspore.
Soos voorheen geadverteer, word die reeks deur die gesoute joernalis, Wouter Botes, aangebied. In hierdie episode verduidelik hy presies wat die Krugermiljoene is en kan 'n mens verwag om dit dalk iewers te vind? In hierdie episode gesels Wouter met professor Fransjohan Pretorius oor die Krugermiljoene en wat akademici oor die legende dink.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In 1912 het die nuutgestigte Unie Verdedigingsmag (UVM) besluit om ʼn groepie gekeurde jong manne te stuur om as vlieëniers opgelei te word. Elke applikant moes na die ou Raadzaal in Pretoria gaan vir ʼn onderhoud met generaal Beyers. Uiteindelik is net tien rekrute gekies.
G.S. Creed, E.C. Emmett, B.H. Turner, G.P. Wallace, ʼn ene Clisdal, Hopkins, Solomon, Van Coller en Williams was saam met Kenneth Reid van der Spuy Suid-Afrika se tien eerste opgeleide vlieëniers. Die hoop was dat die eerste 10 Suid-Afrikaanse vlieëniers die land se UVM na nuwe hoogtes sou neem. Hulle moes wel eers opgelei word. Onder toesig van C. Compton Patterson en sy assistent, ʼn ene Cheeseman, is hierdie rekrute net buite Kimberley opgelei.
In hierdie episode van Padlangs Noord-Kaap, besoek ons die monument wat net suid van Kimberley by die einste vliegveld staan waar die eerste 10 rekrute hul opleiding ontvang het.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Die Oppenheimers is bekend vir een ding: Hulle is skatryk! Hulle is soos Suid-Afrika se Rockefellers en deur sir Ernest Oppenheimer se bestuur van De Beers en Anglo American het die Oppenheimers van die gesogste juwele besit.
Tragedie tref selfs die rykes onder ons. Een aand in Oktober 1955 is mevrou Bridget Oppenheimer se juwele in haar huis, Little Brenhurst, gesteel. En dit sonder dat ʼn venster of deur oopgebreek is. Juwele ter waarde van £250 000 is binne oomblikke gesteel sonder dat enige van die personeel wat in die huis gewerk het, iets gesien het. Hoe is dit moontlik? Wat het die polisie gedoen toe een van die rykste Suid-Afrikaners besteel is?
Luister gerus na hierdie episode van Dossier waartydens die storie van die Oppenheimer-juwele vertel word.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
From the publisher's feed
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.