
Sign up to save your podcasts
Or


Jan van Riebeeck verlaat die Kaap in 1662. Uiteindelik is sy droom bewaarheid om weer na die Ooste terug te keer. Maar wie het by hom oorgeneem en wat kan ʼn mens oor hulle vertel?
In hierdie episode van GES 101 kyk ons na die post-Van Riebeecktydperk tot die “Goue Era” van Simon van der Stel. Goewerneurs soos Zacharias Wagenaer, Cornelis van Quaelbergen, Jacob Borghorst, Pieter Hackius, Isbrand Goske en Joan Bax word die hoofkarakters in die drama wat aan die Kaap van de Goede Hoop afspeel.
Met die aankoms van Simon van der Stel arriveer die eerste ware stigter en ontwikkelaar van die Kaap. Vandag staan Groot Constantia en die dorp Stellenbosch steeds soos bakens op die historiese landskap ter herdenking aan Simon van der Stel. Skuld die wynvervaardigers van Suid-Afrika hom ook ʼn bedanking of twee?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Tussen Bloemfontein en Johannesburg kan 'n mens die Sandrivierkonvensie se monument sien. Hierdie monument is waar mens kan sê Transvaal as ʼn staat gebore is. Dit is hier waar Andries Pretorius met die Britse gesante vergader het, maar waar was die ander Transvaalse leier, Andries Potgieter? Emile en Johan gesels ʼn bietjie oor die Sandrivierkonvensie en die betekenis van hierdie monument.
Dit is 17 Januarie 1852 en generaal Andries Pretorius loop in die tent in waar die Britse gesante sit en wag om met hom oor die toekoms van die gebied bo de Vaalrivier te gesels. Pretorius was op sy senuwees. Hy het verwag dat dit ʼn lokval sou wees, omdat hy steeds ʼn prys op sy kop gehad het na die laaste slag met sir Harry Smith se troepe by Boomplaats. Die Britse gesante was nie daar om Pretorius te arresteer nie. Hulle wou samesprekings voer om seker te maak dat die gebied bekend as Transvaal nie ʼn toekomstige probleem vir die Britse kolonies in Suid-Afrika sou wees nie. Pretorius wou niks anders as onafhanklikheid hê nie.
Die Britse gesante het dit verstaan en op 17 Januarie 1852 is die konvensie deur beide partye onderteken. Generaal Andries Hendrik Potgieter se handtekening was wel nie daar nie. Hy was steeds in Transvaal en het nie die Britse regering vertrou nie. Maar nou kon hy nie deel in die diplomatiese oorwinning van ʼn Britse erkende staat bo die Vaalrivier nie, of kon hy?
Wat ook al ʼn persoon se argument is, die Sandrivierkonvensie het erkenning verleen aan die stigting van ʼn staat bo die Vaalrivier en dit is deur Pretorius bewerkstellig. Sandrivier is dus sy prestasie.
Luister gerus saam na hierdie episode oor ʼn belangrike monument wat ʼn gebeurtenis herdenk wat ʼn impak gehad het op moderne Suid-Afrikaanse en selfs Europese geskiedenis.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Op 24 Maart 1961 het baron Dieter von Schauroth en Marthinus Rossouw saam tot laat in verskillende hotelle in Kaapstad gekuier. Net een sou die oggendson weer aanskou. Die baron was bekend vir sy aankope van geslypte diamante en Rossouw het weer nie ʼn geheim van sy finansiële probleme met sy vriend, die baron, gemaak nie. Was dit dalk die redes waarom die baron deur Rossouw doodgeskiet is?
In hierdie episode van Dossier kyk ons kortliks na die gebeure van daardie aand en wat in die Staat versus Rossouw-hofsaak gebeur het wat Rossouw se lot bepaal het. Was hierdie regtig ʼn saak waar die slagoffer sy moordenaar gesmeek het om hom dood te maak? Of was dit een van Rossouw se leuens om die galg vry te spring?
Rossouw moes eintlik die baron se lewe beskerm het, nie dit geneem het nie...
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Daisy de Melker het bekend geword as gevolg van die moorde wat sy gepleeg het. Sy het dit gedoen deur middel van arseenvergiftiging. Min mense het al gehoor van Maria Lee wat presies dieselfde gedoen het - net so tien jaar na De Melker. Dit is bekend waarom Daisy de Melker moorde gepleeg het, maar hoekom het Maria Lee ʼn moordenares en doodveroordeelde geword? In hierdie episode van Dossier word haar storie kortliks vertel.
Maria Lee (ʼn nooi Van Niekerk) het in Lichtenburg grootgeword. Sy het op 16 die eerste keer getrou, maar dit sou nie haar laaste huwelik wees nie. Drie kortstondige huwelike sou volg. Die laaste een het in moord geëindig.
Maria Lee was net soos Daisy De Melker ʼn Femme Fatale. Haar slagoffer, Alwyn Smith, het nie agtergekom dat hy siek geword het omdat sy vrou besig was om hom te vergiftig nie. Maar Maria sou wel dieselfde vonnis as Daisy de Melker kry. Al wat sy nie gekry het soos Daisy nie, is die status van ʼn legendariese figuur.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Wie was Suid-Afrika se eerste reeksmoordenaar? Volgens historici is dit Pierre Basson. Hy is wel die eerste gedokumenteerde reeksmoordenaar. Indien so, wat is sy storie? Dit is die tema van hierdie episode van Dossier.
Pierre Basson het sy hele lewe in Wes-Kaapland deurgebring. Toe sy pa oorlede is, het hy die rol van die vaderfiguur in sy huis oorgeneem. Hy wou seker maak dat sy huisgesin goed versorg is en genoeg geld het om gemaklik te leef.
Deur middel van lewensverskeringspolisse wat sy kliënte en familie uitgeneem het, het dit hom ʼn manier gegee om ryk te word. Dit het hom selfs tot moord gedryf.
Hoe het hy dit gedoen en wie was sy slagoffers?
Luister gerus saam om meer van Pierre Basson te wete te kom.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Toppling governments, political assassinations and cannibalism, these are just a few of the false accusations that have been levelled against South African private military contractors Executive Outcomes (EO). In the revised edition of Executive outcomes: Against all Odds, author Eeben Barlow sets the record straight, providing a chronicle of EO’s operations, his own experiences with the company and exposing the bad actors that threatened its existence and slandered its name with malicious conjecture.
Prior to starting Executive Outcomes, Eeben served in various conventional and covert units of the SADF including 32 Batalion and the controversial Civil Cooperation Bureau. Founded in 1989 as a training company providing services for South African Special Forces, EO soon evolved, gaining notoriety for the pivotal role they played in assisting the FAA to defeat UNITA forces in Angola, and later crippling the rebel RUF forces in Sierra Leone. As their prominence grew, so did the threat they posed to certain foreign and domestic interests who had more sinister objectives in mind than stabilising war ravaged African countries. With very few men and even less equipment, EO proved extremely effective in every theatre of battle, forcing the international community to take notice and question the status quo of peacekeeping in Africa. But, even though this was a force that had achieved what few national armed forces could, there was one enemy it could not slay. Eeben left Executive Outcomes in 1997 and was appointed as Chairman of STTEP International in 2009
As founder and former chairman, Barlow is able to provide more than just a soldier’s perspective on this daunting industry. Along with detailing operations in Angola, Sierra Leone and Indonesia, Barlow also recounts of truly bizarre requests from rogue agents and corrupt foreign leaders, as well as the various assassination attempts on his life. Everything is not as it seems and when it comes to the state of affairs in Africa, you should be prepared to have your preconceptions challenged.
His book is more than just a biography of a private military company. It is sobering perspective on the state of conflict in Africa and the masters it serves. As Africans solving Africa’s conflicts, the men of EO truly achieved great triumphs against all odds.
In this special episode of the Eensgesind podcast, we discuss some parts of Eeben's book, the involvement of STTEP in assisting the Nigerian army to drive out Boko Haram of Nigeria and Eeben addresses the increasing fragile political trajectory that South Africa is facing.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
In Oktober 1964 het ʼn grusame moord in Johannesburg plaasgevind. ʼn Paartjie was besig om by die Boksburg dam te stap, toe hulle skielik ʼn tas gewaar wat op die water dryf. Dit het vir hulle vreemd gelyk. Toe hulle die tas uit die water haal, vind hulle dit...
Dis vreemd dat die Boksburgdam-saak nie so bekend is nie. As dit nie ʼn ware saak was nie, dan sou dit ʼn merkwaardige gruwelverhaal gewees het. Luister gerus na Eensgesind se episode oor hierdie saak en hoe dit die Suid-Afrikaanse Polisie vier jaar geneem het om die raaisel op te los. Hierdie saak het ook geskiedenis in die forensiese wetenskappe gemaak.
Die slagoffer was Catherine Burch, maar waarom het dit so lank geneem om haar te identifiseer? Wat het met die moordenaar gebeur? Die antwoorde en meer kan in hierdie episode gevind word.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Dit is bekend in museumkringe dat die Totius Huismuseum in Potchefstroom onlangs gerenoveer is. Totius se standbeeld het in die laaste paar jaar die spanningsvlakke verhoog, veral by die Noordwes Universiteit, maar daar is meer van die ou Gereformeerde kerkvader te sien as net sy standbeeld. In hierdie episode van Rede uit die Verlede, gesels Emile met Johan Wolfaardt oor die Totius Huismuseum.
Johan Wolfaardt wat die kurator van die President M.W. Pretorius Huismuseum is, is ook verantwoordelik vir die Totius Huismuseum wat ʼn klipgooi weg is van die ou presidensiële woning. Sodoende moes hy die renovasie van die huis behartig. In hierdie episode word nie net gesels oor die omstredenheid van Totius as historiese figuur in die teenswoordige tyd nie, maar liewers meer oor die uniekheid van sy loopbaan en die erfenis wat daarmee gepaard gaan.
Die Totius Huismuseum is dus die regte besienswaardigheid om te besoek en oor te praat.
Daar kan mens, soos in enige huismuseum, presies loop waar ʼn spesifieke historiese figure eens geloop het en in hul wêreld so te sê “instap”. 'n Mens kan dan in hierdie huismuseum presies sien waar die 1933-Bybelvertaling begin is en waar Totius al sy gedigte geskryf het.
Maar waarom was die huismuseum juis nou gerenoveer en was dit nodig? Ons beantwoord daardie vrae ook in hierdie episode van Rede uit die Verlede.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Jaarliks vermeerder die getal graduandi. Daar word van elkeen wat ʼn graad verwerf verwag om ʼn konstruktiewe bydrae tot die samelewing te maak deur oplossings te vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Dit is dus nodig vir ware “Renaissance-manne en -vroue” met hul nuwe en behoorlike nagevorste idees om weer die leisels van private instansies, besighede en selfs die regering oor te neem; ʼn wêreld waar deskundigheid en ervaring koning kraai!
Een hedendaagse Renaissance-man is dr Burgert Senekal. Hy het ʼn reeks grade agter sy naam en het die boonste sport van die akademiese leer bereik. Tans is hy besig om EPOG verder uit te bou as ʼn navorsingsinstituut van formaat wat in die nabye toekoms 'n groot hulp vir Afrikaner-aangeleenthede kan wees. Eensgesind het met hom gaan gesels en uitgevind hoe ʼn akademikus soos hy tans ʼn rol buite en binne die universiteitswêreld speel.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Bloemfontein is op 13 Maart 1900 deur generaal Roberts en sy manskappe ingeneem. Roberts besluit toe om sy soldate ʼn bietjie te laat rus. Dit was ʼn wyse besluit, omdat ʼn groot aantal van sy soldate reeds siek was aan maagkoors. Historici glo dat hulle maagkoors gekry het omdat hulle besoedelde water naby Paardeberg gedrink het. Roberts het dalk op sy louere gerus, Generaal Christiaan De Wet het nie.
Twee weke na die inname van Bloemfontein was generaal De Wet in Winburg. Hy het gewag vir die perfekte geleentheid om Roberts aan te val. De Wet het geargumenteer dat die waterwerke by Sannaspos Roberts se “achilleshiel” was. Roberts het net vir generaal Broadwood en sy manskappe daar geplaas om die waterwerk te beskerm.
Op 31 Maart 1900 het De Wet aangeval en Roberts ʼn welverdiende nederlaag laat ly. In die Britse militêre geskiedenis staan dit bekend as die “Surprise at Sannas’ Post”.
Wat op daardie dag gebeur het en hoe dit tans by die monument by Sannaspos naby Bloemfontein lyk, is die fokus van hierdie Padlands-episode met Emile en Johan.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
From the publisher's feed
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.