Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers

By Eensgesind KlanklêersSociety & CultureHistory
Download on the App Store

Eensgesind Klanklêers episodes

  • Die verkiesings wat dr H.F. Verwoerd gewen het
    Verkiesings


    In hierdie episode van Verkiesing 2019, word gekyk na die verskiesings wat die 6de eerste minister van Suid- Afrika, dr H.F. Verwoerd gewen het.

    Dr Verwoerd is in 1901 in Nederland gebore en het op ʼn vroeë ouderdom, natuurlik saam met sy ouers, na Suid-Afrika verhuis. Die Verwoerdgesin het toe ʼn bestaan in destydse Rhodesië gemaak waar klein Hendrik as skolier uitgeblink het. Dit was maklik om te glo dat hy bestem was vir ʼn posisie van invloed.


    As professor by Stellenbosch, redakteur van die Transvaler was sy hy op pad na ʼn hoë amp toe Dr DF Malan in 1948 gewen het.

    Na Dr Malan en Advokaat Strijdom, was dit Dr Verwoerd se beurt. Hoe het ʼn jonge Nederlandse seuntjie die staatshoof van Suid-Afrika geword?

    Luister gerus saam na die verskiesings waar Dr Verwoerd koning gekraai het.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    48 min
  • Die NP wen met dr Malan en advokaat Strijdom
    Verkiesings


    In hierdie episode word gekyk na die merkwaardige 1948-verkiesing wat die Nasionale Party onder dr DF Malan gewen het. Eintlik was die volle naam van die party die Herenigde Nasionale Party, nadat generaal Hertzog met dr Malan in 1941 kon versoen. Maar generaal Hertzog het in 1942 gesterf en dr Malan kon toe weer sy party as hoofleier lei.Met die oorwinning in 1948 kon die Nasionale Party sy beleid van Aparte Ontwikkeling (alombekend as Apartheid) in werking stel en sy mag oor die vier provinsies en Suidwes-Afrika (Suid-Afrika se mandaatstaat) konsolideer. Dr Malan sou net een termyn as staatshoof dien. Die Leeu van Noord-Transvaal, advokaat JG Strijdom, het by hom oorgeneem, alhoewel dr Malan meer van minister Klasie Havenga gehou het. By die stembus het die meerderheid stemgeregtigdes vir Strijdom gekies, wat tot sy dood in die amp van Eerste Minister sou dien.Maar waar was dr HF Verwoerd gedurende al hierdie gebeure?Luister gerus saam om meer uit te vind oor hoe die Nasionale Party die fondasie gelê het vir ʼn 46-jaarlange regime.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    44 min
  • Toe Botha, Smuts en Hertzog verkiesings gewen het
    Verkiesings


    In hierdie episode word kortliks vertel hoe Transvaal en die Oranjerivier Kolonie se verkiesings verloop het vir generaal Louis Botha en Abraham Fischer om die eerste ministers van daardie kolonies te word. Hulle sou nie lank in daardie ampte hul onderskeie kolonies dien nie. Kort daarna sou generaal Botha verkies word om van Beitbrug tot by Algoabaai te regeer.Maar hoekom Botha en hoe is hy verkies? Dit sal nie die enigste vraag wees nie. Die verkiesings van sy opvolger, generaal Jan Smuts, word ook onder die vergrootglas geplaas. 'n Mens moet ook nie vergeet van die rol wat generaal JBM Hertzog gespeel het nie. Hy is in 1924 verkies om die eerste Nasionale Party-regering te lei en sy kabinet met Nasionale Party- en Arbeidersparty-lede te vul. Alhoewel die 1920's vir Hertzog ʼn roemryke dekade was, was dit nie die geval met die 1930's nie.Luister gerus saam om meer oor die Suid-Afrikaanse verkiesings van die vroeë 20ste eeu uit te vind.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    55 min
  • Die verkiesings van die ZAR en die OVS
    VERKIESINGS


    In hierdie episode gesels Emile en Johan oor hoe verskiesings in die historiese Boererepublieke gehou is.Dit is interessant om te verneem dat daar nie enige partye as sodanig was waarvoor burgers kon stem nie, maar die fokus was eerder op ʼn individu wat verkiesbaar was - nie net vir die Volksraad nie, maar ook vir die posisie van die staatshoof. Die fout moet nie gemaak word om te dink dat die ZAR se verkiesings op presies dieselfde wyse gehou is as die van die Oranje-Vrystaat nie.Met ander woorde, in die lig van ʼn komende verskiesing in Mei vanjaar, begin Eensgesind se Verkiesing 2019-reeks met ʼn episode oor die dinamika van Suid-Afrika se eerste demokratiese kiesstelsels in die voormalige Boererepublieke.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    55 min
  • Siener en die emmer bloed

    'n Doodloopspore Episode


    In hierdie episode kyk Wouter Botes na die besonderse lewe van Nicholaas “Siener” van Rensburg. Siener se visioene het selfs generaal Koos de la Rey beïndruk en die betekenisse van sy visioene word steeds vandag nog deur spesifieke mense bestudeer.


    Botes gee ʼn beknopte bespreking oor die meer bekende visioene van Siener van Rensburg. Met die visioen oor die moord op dr Verwoerd word die ervaringe van ooggetuies ook gedeel. Het Siener dit lank voor die tyd gesien?


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    24 min
  • Die Seuntjie verdwyn
    Doodloopspore


    In hierdie episode kyk Wouter Botes na die vreemde verdwyning van Michael Myburgh. Die verdwyning van hierdie jong seuntjie het die navorser en aanbieder van hierdie reeks geïnspireer om die saak te probeer oplos. Maar wat is die feite van hierdie saak?


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    26 min
  • Kliniek van dood
    'n Dossier-episode


    Op 9 November 1948 voer die Suid-Afrikaanse Polisie 'n klopjag uit op 'n dokter se spreekkamer in Castle Mansions, Eloffstraat, Johannesburg. Wat hulle daardie dag in dr Gerhardus Buchner se spreekkamer gevind het, sou lei tot die Aborsieskandaal van 1949.


    Wat was die Aborsieskandaal van 1949 en wat het dr Buchner verkeerd gedoen? Dit is die fokus van hierdie episode van Dossier.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    41 min
  • In gesprek met prof Christo Botha
    'n Selde Gesprek


    In hierdie week se episode van 'n Selde Gesprek gesels ons weer met Prof Botha (Universiteit van Pretoria: Departement van Publiekreg). Die primêre fokus van hierdie gesprek is die werking en jurisdiksie van die Internasionale Strafhof (geskep in terme van die Rome Statuut van die Internasionale Strafhof (2002).


    Prof Botha deel met ons sy mening oor die werking van die Internasionale Strafhof op die Afrika kontinent; veral in die lig van kritiek dat die Internasionale Strafhof disproporsioneel aandag skenk aan internasionale misdade in Afrika. Die gesprek word gelei aan die hand van twee sake tans voor die Internasionale Strafhof, naamlik die Al Bashir (Sudan) en Gbagbo (Ivoorkus) sake.


    Die gesprek raak ook aan ander onderwerpe in internasionale strafreg insluitend die omvang en betekenis van volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    1 hr 3 min
  • Die opkoms en ondergang van Willem Adriaan van der Stel
    Geskiedenis 101


    Die seun van goewerneur Simon van der Stel het by sy pa oorgeneem. Op die ouderdom van 34 jaar het Willem Adriaan van der Stel die bestuur van die Kaap, steeds onder VOC-beheer, oorgeneem. Soos ʼn nuwe besem wou hy skoon vee en sy eie idees volg.


    Nie al sy planne het so goed verloop soos wat hy gehoop het nie. Sy tyd aan die stuur van die Kaap en wat hy vir die Boland beteken het, is die fokus van hierdie episode van GES 101.



    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    1 hr 4 min
  • Die Duncan Donald Moodie-saak van 1961

    'n Dossier-episode


    Duncan Donald Moodie is die enigste persoon in Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis wat twee keer aan dieselfde misdaad skuldig bevind is. Op Sondag 21 Augustus 1960 het Moodie, vergesel deur sy pa, na sy vervreemde vrou, Anita Sinclair, se ouerhuis in Floralaan, Ada May Vale, in Klerksdorp gegaan. Sy plan was om haar te oorreed om hom weer ʼn kans te gee en die egskeiding stop te sit. 


    Vyf en twintig minute later en Anita Sinclair is dood. Wat het gebeur en was Donald Moodie regtig skuldig? Luister saam in hierdie episode oor Duncan Moodie, die sogenaamde Vrou-moordenaar van Klerksdorp.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    39 min

About Eensgesind Klanklêers

From the publisher's feed

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue…