Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers

By Eensgesind KlanklêersSociety & CultureHistory
Download on the App Store

Eensgesind Klanklêers episodes

  • Mynie Hertzog
    EGGENOTES
    Hierdie episode handel oor die lewensverhaal van Mynie Hertzog (née Neethling), generaal Barry Hertzog se eggenote.

    Haar man het vir 15 jaar regeer en sodoende moes Mynie vir meer as ‘n dekade in die politieke kollig wees. Net soos Isie Smuts het sy ook in spesifieke kringe beweeg, maar die ervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog het haar altyd bygebly. Verseker het sy ook deel gehad aan die voorbereiding van haar seun, dr Albert Hertzog, se politieke loopbaan.


    Mynie Hertzog is dalk deesdae nie so bekend soos Isie Smuts nie, maar sy het ook ‘n biografie wat aandag moet geniet. Wat behels hierdie biografie? Luister gerus saam.



    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    26 min
  • Isie Smuts

    In hierdie episode word gekyk na die lewe van Sybella Margaretha Smuts (née Krige), beter bekend as Isie Smuts.

    As die premiersvrou van generaal Smuts het sy ‘n reeks bekende mense ontmoet en met hulle gekorrespondeer. Sy was bekend vir haar maatskaplike projekte, veral gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945).


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    31 min
  • ZAR- en OVS-presidentsvroue
    Eggenotes


    In hierdie episode word vlugtig na die lewensverhale van voormalige presidentsvroue uit die oud-Boere Republieke gekyk. Die impak wat presidentsvroue soos Gezina Kruger, Tibbie Steyn en Isabella Brand in hul tyd gehad het is die hooffokus hierdie gesprek.


    Dit is wel interessant om te verneem dat daar 'n lys van presidentsvroue is wat nie eers deesdae genoem word nie. Is dit dalk omdat daar min bronmateriaal oor hulle bestaan of is dit omdat historici vergeet het om na hul biografieë te skryf?


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    28 min
  • Annie Botha
    Eggenotes


    Om Vrouemaand behoorlik te herdenk, skop Eensgesind af met ʼn nuwe reeks oor die eggenotes van Suid-Afrikaanse staatshoofde. Om elke biografie die aandag te gee wat dit verdien, sal hierdie episode fokus op die lewe van Annie Botha (née Emmett) wat generaal Louis Botha se vrou was.


    Sy was van Ierse afkoms, maar het in die Oranje-Vrystaat grootgeword. Daar het sy vir Louis ontmoet en saam met hom ʼn aksiebelaaide getroude lewe gelei.


    Diegene wat saamluister, sal verbaas wees oor die uitdagings wat Annie Botha, die eerste Premiersvrou, moes oorkom.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    34 min
  • Die Stormjaers - Deel 3
    Die OB Opnames


    Die Stormjaers het verseker sabotasie teen die Suid-Afrikaanse Staat gepleeg. Kragpale, telefoonpale en regeringskantore was van die teikens wat in hul visier was. Dit was nie omdat hulle pro-Duits was nie maar wel anti-Brits. Hulle wou graag Suid-Afrika uit die imperiale klou van Brittanje kry, soos wat Sein Fenn in Ierland gedoen het.


    In hierdie laaste vrystelling van Die Stormjaers vertel die groep veterane vir oulaas wat hulle alles gedoen het en wat hulle uit hul jare van stryd onthou.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    51 min
  • Die Stormjaers - Deel 2
    Die OB Opnames


    “As ek omdraai, skiet my. As ek val, wreek my. As ek storm, volg my” was die slagspreuk van die Stormjaers. Hierdie woorde het die lede van hierdie voormalige paramilitêre organisasie ernstig opgeneem en hul stryd teen die Smuts-regering voortgesit.


    In hierdie tweede gedeelte van die Die Stormjaers as deel van die Ossewa-Brandwag-opnames, vertel die veterane verder oor wat hulle kan onthou uit daardie jare van risiko en gevaar.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    57 min
  • Die Stormjaers - Deel 1
    Die OB Opnames


    In hierdie episode van die Ossewa-Brandwag-opnames (die eerste van drie episodes), hoor ons vir die eerste keer wat voormalige Stormjaers te sê het oor hul ervaringe in die vroeë 1940's.

    

    Die Stormjaers was ’n gevaarlike paramilitêre vleuel van die OB wat sabotasie gepleeg het om die Smuts-regering omver te werp. Bekende persoonlikhede uit die middel tot laat 20ste eeu was lede van hierdie groep wat deur die Smuts-regering as ʼn bedreiging gesien was – dink maar net aan generaal Lang Hendrik van den Berg wie se herinneringe in vorige episodes vrygestel is.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    57 min
  • Tini Vorster Onthou
    Die OB Opnames


    Martini Steyn Vorster (Tini Vorster) was die vrou van voormalige eerste minister John Vorster. As sy eggenoot het sy ook ervaringe met hom in die Ossewa-Brandwag (OB) gedeel, wat sy in Julie van 1981 aan ʼn groep navorsers vertel het.

    In hierdie episode van Die Ossewa-Brandwag-opnames vertel mevrou Vorster oor wat sy moes deurmaak terwyl haar man by Koffiefontein geïnterneer was. Ook onthou sy die vroeë dae van hul huwelik toe hy as jong prokureur te Port Elizabeth aktief betrokke by die OB was.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    1 hr 2 min
  • Vorster aan die woord: Deel 2
    Die OB Opnames


    Hierdie episode is die tweede gedeelte van die onderhoud wat met voormalige eerste minister, BJ Vorster, gevoer is. Dit handel oor sy tyd in die Ossewa-Brandwag (OB) en hoe hy as OB-generaal by Koffiefontein geïnterneer was.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    54 min
  • Vorster aan die woord: Deel 1
    Die OB opnames


    Vorster sal onthou word as die eerste minister van 1966-1978 en staatspresident van 1978-1979. Voordat hy by die Nasionale Party aangesluit het, was hy lid van die Ossewa-Brandwag (OB). Hy was nie net sommer ’n gewone lid nie. Hy was ’n generaal in die OB en is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die interneringskamp te Koffiefontein aangehou.


    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    45 min

About Eensgesind Klanklêers

From the publisher's feed

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue…