
Sign up to save your podcasts
Or


Letta Rhoda “Lettie” Fouché (née McDonald) het Nellie Swart as staatspresidentsvrou opgevolg. Sy was die eggenoot van staatspresident Jim Fouché, wat na dr. Dönges se dood staatspresident geword het. Sy is in 1993 soos volg beskryf:
Lettie Fouché was ‘n veelsydige staatspresidentsvrou. En dit is juis waarom sy Jim Fouché kon bystaan. Maar wat behels haar lewensverhaal?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Cornelia Wilhelmina "Nellie" Swart (née De Klerk) was die vrou van staatspresident C.R. Swart. Net soos hy was sy 'n Vrystater en saam met hom het sy die politieke gebeurtenisse van die vroeë 20ste eeu beleef. As staatspresidentsvrou was daar sekere verantwoordelikhede wat sy moes nakom.
Volgens die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) het sy haar verantwoordelikhede nagekom en het UOVS vir haar in 1969 'n eredoktorsgraad gegee. Kobie Coetsee, voormalige minister van Justisie, het gesê: "Sy het die status en beeld van CR Swart altyd ondersteun en help vergestalt".
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Eensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Piet Retief (1780-1838).
Retief word onthou as ʼn martelaar wat op 6 Februarie 1838 by KwaMatiwane (Moordkoppie) deur die Zulumagte van koning Dingane vermoor is. Net so word hy onthou as die eerste goewerneur van die Voortrekkers en Natal was sy keuse as die setel van die nuwe Voortrekkerrepubliek. Dit is ook bewys dat hy die Kaapkolonie verlaat het as gevolg van sy finansiële probleme. Is dit genoeg rede dat ʼn hoekfiguur aan hom gewy is?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Eensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument versinnebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Pretorius (1798-1852).
Pretorius word beskou as die held van die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), die heldhaftige generaal wat sir Harry Smith by Boomplaats geopponeer het en die Britse magte by Congella beleër het. Hy het die Sandrivierkonvensie op 17 Januarie 1852 onderteken, wat die Voortrekkers die reg gegee het om ʼn nuwe staat bo die Vaalrivier te stig. Is dit waarom een van die hoekfigure aan hom gewy is?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Eensgesind se reeks genaamd Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Hendrik Potgieter (1792-1852).
Potgieter word beskou as die held van die Slag van Vegkop (16 Oktober 1836), die bevelvoerder van die sogenaamde Vlugkommando en was ook 'n vername dorpstigter. Die stigting van Potchefstroom, Andries-Ohrigstad, Lydenburg en Zoutpansbergdorp word aan Potgieter toegedig. Is dit waarom hy op een van die hoeke van die Monument uitgebeeld word?
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Die Voortrekkermonument (VTM) vier hierdie maand die 70ste herdenking van die monument se inwyding in 1949. Die VTM is sekerlik een van die interessantste monumente ter wêreld, met ʼn kenmerkende fasade en die langste fries in die wêreld. ʼn Besoek aan die VTM is altyd die moeite werd.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
André Stander en sy bende was berugte en legendariese bankrowers. Van Oktober 1983 tot Februarie 1984 was Suid-Afrikaners verbyster deur André Stander, Patrick Lee McCall en Allan Heyl se waaghalsige bankrooftogte.
Stander het reeds as 'n polisieman met sy misdaadloopbaan begin toe hy ʼn kaptein by Kemptonpark se polisiestasie was. Hy het aanvanklik alleen opgetree, totdat hy twee manne in die Zonderwater Gevangenis ontmoet het, wat sy bendelede sou word. Na hul ontvlugting in 1983 het hulle ʼn reeks rooftogte onderneem wat hulle name in Suid-Afrika se misdaadsgeskiedenis sou verewig. Die bendelede se lotgevalle was uiteindelik uiteenlopend.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Eensgesind is Francois Rossouw en Ben Bester se breinkind. In November 2017 is Emile Coetzee betrek en daardeur het ʼn nuwe onderneming begin wat vandag die 100ste episode op Eensgesind se klanklêerkanaal vrystel.
Om hierdie merkwaardige mylpaal te vier, gesels die drie vermelde menere oor alles wat die laaste twee jaar gebeur het sodat die ideaal van 100 episodes bereik kon word. Daar word gelag, geskerts en ook ernstig gepraat oor die lesse wat geleer is, wat Eensgesind se toekomsplanne is en die potensiaal wat klanklêerreekse en episodes vir die uitsaaiwese en besigheidswêreld het.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
DOSSIER
Dit is nie net desperate mense wat misdade pleeg nie. Selfs die welgesteldes onder ons is tot moord in staat. Die 1970-saak, die Staat versus Ronald Cohen, bewys dit.
Op 5 April 1970 was Ronald Cohen saam met sy vrou, Susan, in hul Constantia-huis se studeerkamer toe sy vermoor is. Alhoewel Cohen vir die polisie vertel het dat ‘n inbreker sy vrou vermoor het, was hy die hoofverdagte.
Maar waarom sou Cohen sy vrou wou vermoor? Hy het oorgenoeg geld gehad en daar was geen teken van vyandigheid of wrywing tussen hulle nie - aldus hul vriendekring.
Die doel van hierdie Dossier-episode is om ‘n moontlike antwoord op die tergende vraag te vind.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Op 13 Januarie 1925, net na 17:00, het Petrus Hauptfleisch uit sy huis op die dorpie Richmond (Wes-Kaap) gehardloop op soek na hulp. Hy het sy ma bewusteloos in hul huis se kombuis gekry. In ʼn ommesientjie was die polisie by sy huis en al die bure het kom kyk waaroor die bohaai gaan.
Hauptfleisch, ʼn veteraan van die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), was bekend op die dorp as ʼn alkoholis en was al voorheen vir onbetaamlike gedrag gearresteer. Dae voor sy ma se dood het die hele dorp geweet dat hulle ʼn rusie gehad het. Nou is sy dood en Petrus se storie maak nie sin nie.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
From the publisher's feed
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.