Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 14 Januarie 2025
    Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans en hulle selfbeeld. Hulle ondersoek die verskil tussen selfbeeld en selfvertroue, waarom selfbeeld belangrik is vir menslike ontwikkeling, en hoe dit beïnvloed word deur interne en eksterne faktore.
    43 min
  • Geestesgesondheid 7 Januarie 2025
    Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasiespreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Die gesprek fokus op hoe om die nuwe jaar op ’n gesonde manier aan te pak, met praktiese strategieë en wenke om jou geestesgesondheid te beskerm en te bevorder.
    44 min
  • Geestesgesondheid 31 Desember 2024
    Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasiespreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Die gesprek fokus op hoe om op jou lewe te reflekteer en sinvol terug te kyk op die jaar wat verby is. Hulle gesels oor praktiese wenke en insigte om perspektief te kry en doelwitte vir die toekoms te stel.
    45 min
  • Geestesgesondheid 24 Desemebr 2024
    Johan van Lill praat met geestesgesondheidspraktisyn Jacques Botes oor die impak van eensaamheid op die psige. Hy verduidelik die verskil tussen eensaamheid en alleenheid, en hoe elkeen jou geestesgesondheid beïnvloed.
    42 min
  • Geestesgesondheid 17 Desember 2024
    Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor waarom dit voel asof tyd vinniger en vinniger verbygaan namate jy ouer word. Hulle bespreek die impak hiervan op jou geestesgesondheid, en hoe jy maniere kan vind om "tyd terug te kry".
    42 min
  • Geestesgesondheid 10 Desember 2024
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak van trauma by kinders op leer en hulle algemene funksionering in die skool. Wat kan ouers, versorgers en onderwysers doen in tye van trauma?
    46 min
  • Geestesgesondheid 24 November 2024
    Johan van Lill praat met dr. Chris van den Bergh, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans en selfdood. Het ons rede tot kommer in Suid-Afrika? Hoe groot is die probleem onder mans? Wat is die behandelingsopsies wat spesifiek vir mans werk?
    47 min
  • Geestesgesondheid 19 November 2024
    Johan van Lill praat met Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en ’n internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, oor hoe babas jou brein en hart verander, en die impak daarvan op jou geestesgesondheid.
    44 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.