Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 1 April 2025
    Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige, oor trauma. Wat is dit? Hoe verskil dit van stres? Hoe kan ’n mens weet of jy getraumatiseer is? Hulle bespreek die psigologiese en fisieke simptome van trauma, die impak daarvan op individue en gemeenskappe, en praktiese maniere om spanning en trauma te verlig.
    45 min
  • Geestesgesondheid 25 Maart 2025
    Johan van Lill praat met Nadine Blom oor geweld teenoor vroue en kinders vanuit ’n geestesgesondheidsperspektief. Hulle bespreek die impak van sulke geweld op slagoffers en gemeenskappe, die trauma, en watter ondersteuning beskikbaar is. Daar word ook gekyk na hoe gemeenskappe, skole en instellings ’n rol kan speel in voorkoming en ingryping.
    43 min
  • Geestesgesondheid 18 Maart 2025
    Johan van Lill praat met Lynette Beer oor die sielkunde van verandering. Verandering is onafwendbaar, maar waarom vind ons dit so moeilik om sekerheid vir onsekerheid te verruil? Van klein aanpassings in ons daaglikse gewoontes tot groot lewensveranderinge – die manier waarop ons dit benader, bepaal ons veerkragtigheid en groei. Lynette verduidelik hoe ons brein op verandering reageer, waarom weerstand natuurlik is, en hoe ons dit kan oorkom om persoonlike en professionele groei te bevorder.
    40 min
  • Geestesgesondheid 4 Maart 2025
    Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor besluitnemingsmoegheid. Elke dag neem ons honderde besluite, van eenvoudige keuses soos wat om te eet, tot komplekse besluite wat ons toekoms beïnvloed. Maar wanneer die konstante stroom van keuses ons uitput, kan dit lei tot besluitnemingsmoegheid – ‘n toestand waar ons kopseer, angs en selfs impulsiewe of uitgestelde besluite ervaar.
    42 min
  • Geestesgesondheid 25 Februarie 2025
    Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux oor die venynigheid wat mense teenoor mekaar het, en die impak wat dit op jou geestesgesondheid kan hê. Dit voel so onregverdig hoe sommige mense teenoor jou optree. Hoe kan jy dit hanteer?
    45 min
  • Geestesgesondheid 18 Februarie 2025
    Johan van Lill praat met lewenafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting oor loopbaanherbeplanning. Dis die proses waar iemand by 'n kruispad in hulle professionele lewe staan, en besluit om hulle loopbaan te heroorweeg, of selfs heeltemal 'n nuwe rigting in te slaan. Wanneer jou loopbaan ‘n dooiepunt bereik het, het dit ‘n geweldige impak op jou geestesgesondheid.
    40 min
  • Geestesgesondheid 4 Februarie 2025
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak wat dit op jou geestesgesondheid het wanneer jy in die buiteland moet woon en werk, en jou familie en gesin is in Suid-Afrika. Ons praat oor aanpassings, eensaamheid, en hoe jy dit die beste vir jou eie geestesgesondheid kan bestuur.
    44 min
  • Geestesgesondheid 28 Januarie 2025
    Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor wanneer jou kind die nes en/of die land verlaat. Wat is die impak op jou geestesgesondheid wanneer dit oor jou pad kom?
    42 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.