Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 10 Junie 2025
    Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die stil, maar diepgaande emosionele uitdagings wat leiers dikwels dra. Hulle gesels oor hoe leierskap moed en visie verg, maar dikwels ook eensaamheid, twyfel en uitputting bring. Hoe raak die afwesigheid van veilige ruimtes, die druk om onkwesbaar te wees, en moeilike etiese besluite jou welstand? En hoe bou jy weer veerkragtigheid deur selfkennis, ondersteuning en ’n roeping wat sin gee aan dit wat jy doen?
    47 min
  • Geestesgesondheid 3 Junie 2025
    Johan van Lill praat met Lynette Beer, 'n spreker, lewensafrigter en skrywer, oor wanneer jy glimlag, maar jou hart is moeg. Hulle gesels oor hoekom mense emosionele maskers dra – daardie glimlag of sterk voorkoms wat ons wys, selfs wanneer ons van binne breek. Wat gebeur as jy te lank voorgee dat alles reg is? Hoe raak dit jou liggaam, jou verhoudings, en selfs jou geloof? En hoe begin jy weer eg en eerlik leef, sonder om jouself prys te gee?
    42 min
  • Geestesgesondheid 27 Mei 2025
    Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand en kliniese sielkundige Mari Bekker oor wat om te doen as jou baas dalk ’n narsissis is. Hulle ondersoek die verskil tussen selfversekerde leierskap en narsistiese gedrag, en bespreek praktiese maniere om grense te stel, jou geestesgesondheid te beskerm en konflik te hanteer sonder om jouself te verloor.
    46 min
  • Geestesgesondheid 20 Mei 2025
    Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Ronell Lemmer oor die liggaam se geheue van trauma. Hoe steeks onverwerkte pyn in ons postuur, emosies en gedrag vas? Hulle verken hoe grense, liggaamshouding en bewuste selfwaarneming toegang kan gee tot heling, en hoe selfs klein verskuiwings in die liggaam ’n groot verskil in innerlike herstel kan maak.
    47 min
  • Geestesgesondheid 13 Mei 2025
    Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die onsigbare toue wat ouers se emosies met hulle kinders se welstand verbind. Hulle kyk na emosionele nalatenskap, hoe kinders die atmosfeer in ’n huis "lees", en hoe ouers – dikwels sonder om dit te besef – hul eie spanning, vrese of onverwerkte emosies op hulle kinders oordra.
    44 min
  • Geestesgesondheid 6 Mei 2025
    Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor hoe jou brein jou soms kul, en hoekom ons dikwels in ons eie denkfoute vasval. Hulle bespreek algemene kognitiewe verwringings, soos bevestigingsvooroordeel en emosionele redenering, en verduidelik hoe hierdie patrone ons emosies, besluite en verhoudings beïnvloed. Hulle praat oor praktiese maniere om jou denke realisties en gebalanseerd te hou, en wanneer dit tyd is om hulp te soek.
    41 min
  • Geestesgesondheid 29 April 2025
    Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Ronell Lemmer oor hoe om stres en trauma deur liggaamsbewustheid te verstaan en te versorg. Hulle praat oor hoe die liggaam dikwels eerste “praat” wanneer ons oorweldig voel, en waarom asemhaling en liggaamsbewustheid so sentraal staan in emosionele genesing. Ronell verduidelik hoe trauma nie net ’n storie in die kop is nie, maar ’n ervaring wat in die liggaam vassteek, en hoe tegnieke soos somatiese belewing mense help om weer veiligheid en balans te vind.
    41 min
  • Geestesgesondheid 22 April 2025

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met dr Elzette Fritz, ’n opvoedkundige sielkundige, oor die tema Klein kinders, groot wêreldprobleme: Hoe praat ons met kinders oor klimaatsverandering, oorlog en wêreldkrisisse? Hoe bewus is jong kinders vandag van wêreldgebeure – en watter impak het dit op hul emosionele welstand? Hoe verwerk kinders trauma en onsekerheid, wat ouers en onderwysers kan doen om veilige gesprekke te voer, en hoe ’n balans gevind kan word tussen eerlike kommunikasie en die beskerming van kinders se innerlike wêreld.

    45 min
  • Geestesgesondheid 15 April 2025
    Johan van Lill praat met Tania van Greunen, ’n kliniese sielkundige met uitgebreide ervaring in sowel hospitaal- as privaatpraktyk oor skisofrenie. Wat behels hierdie komplekse toestand? Hoe word dit onderskei van ander ernstige geestesgesondheidstoestande? Die gesprek ondersoek hoe skisofrenie manifesteer, die uitdagings van diagnose, die rol van genetiese en omgewingsfaktore, en hoe mense met hierdie diagnose steeds sinvol kan funksioneer in die samelewing.
    39 min
  • Geestesgesondheid 8 April 2025
    Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n geregistreerde kliniese sielkundige met meer as 25 jaar se ervaring, oor trauma. Wat ís trauma werklik? Is dit altyd gekoppel aan ’n spesifieke gebeurtenis, of kan dit oor tyd opbou? Die gesprek ondersoek die verskil tussen trauma en stres, en hoe lewensomstandighede ’n rol speel in ons emosionele belewing van spanning.
    42 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.