Ons almal het 'n kruk nodig om in hierdie vreemde tye te oorleef, hetsy dit kos, drank, pornografie of oefen is. Hoe keer ek dat die kruk 'n verslawing word? Kliniese maatskaplike werker Sorika de Swardt is Christelle Webb-Joubert se gas.
Hoe gemaak as jy jou inkomste of werk verloor het? Of as jy jou besigheid se deure moet sluit? Christelle Webb-Joubert praa met bedryfsielkundige Hannelie du Preez oor heirdie soort verlies.
Tydens die inperking word daar daagliks vele emosies beleef. Is jy ook onseker oor hoe en wat om te voel? Christelle Webb-Joubert en die kliniese pastorale terapeut Fanie Kriel praat oor onsekere emosies in die onsekere tyd.
Christelle Webb-Joubert praar met dr. Johan Ferreira, 'n sielkundige, oor depressie tydens die staat van inperking. Hoe keer jy om nog dieper in die swart gat te verdwyn?