Vergewe! Vergewe die persoon wat jou te na gekom het. Vergewe jou vrou wat rondgeslaap het. Vergewe jou man wat jy Saterdagaand geslaan het. Vergewe jou kind wat jou teleurgestel het. Vergewe die vriend of vriendin wat jou verraai het. Vergewe want jy is vergewe! Om te vergewe is nie ‘n maklike ding om te doen nie. En ons kan soms weens ons eie trots, wat maar niks anders as die sonde is, nie bereidwillig wees om ander te wil vergewe nie. Maar die aan wie genade betoon is, betoon genade. Die wat van harte vergewe is, vergewe van harte.Mag ons nooit ophou bid dat die Here voortdurend ons sondes sal vergewe nie en dat hy ons altyd deur die Heilige Gees die krag sal gee om ander mense opreg te vergewe.
https://youtu.be/LIwTNb3KsFs