'Groot' en 'klein' geloof...? Ons sien hier twee korterige verhale wat, in my Bybel, feitik op dieselfde bladsy geskryf staan. En mens kan aanvaar dat daar n baie goeie rede is hoekom die Woord van die Here dit juis so, amper langs mekaar, vir ons aanbied!
'Groot' en 'klein' geloof is seker twee terme wat ons almal al so goed ken en in ons persoonlike geloofslewe ook al so baie mee geworstel het! ...en al so baie oor gewonder het...
En ... glo en bely ons nie juis dat geloof van God kom... uit en uit ń geskenk van Hom is nie (Efe 2:8 ens)? Hoe moet ek dit dan verstaan? En wat dan as my geloof te 'klein' is?
Die Here Jesus illustreer hier vir ons baie duidelik die een versus die ander... maar genadiglik, dat geloof, klein of groot, nogsteeds geloof is - en dat dit red...! MAAR dat ons ook sal ervaar hoe uitermate groot sy genade in werklikheid is....en OOK dat ons in dankbare afhanklikheid steeds die leë hand van geloof na Hom sal bly uitsteek...!
Saamgevat - die troos dus, eenvoudig gestel:
'Klein geloof' SAL jou siel in die hemel 'bring'...!
Maar...
'Groot geloof' sal NOU al die hemel in jou siel 'uitbring'...!
https://youtu.be/eu--FA2RoMo