Die Here roep ons op om te breek met die ou mens en te leef soos nuwe mense in Christus. Kenmerkend van die ou mens, is 'n sinnelose wêreldbeeld, verduisterde denke en 'n lewelose bestaan. Kenmerkend van die nuwe mens, is om te breek met die ou begeertes, ons gedagtes te vernuwe en ons te beklee met dit wat ons reeds in Christus is.