In Psalm 9 is ’n lofprysing en ’n bede. Ons loof die Here, omdat Hy regeer, al lyk dit nie altyd so nie. Ons loof Hom vir Sy regverdige uitsprake. Ons bede is, dat Hy nie die nasies die oorhand sal gee nie, maar by hulle die vrees vir God sal inboesem.