Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om ... more
FAQs about Gesonde gesinne:How many episodes does Gesonde gesinne have?The podcast currently has 77 episodes available.
October 10, 2025Gesonde gesinne | Grense wat beskerm, nie straf nieKom luister hoe Lourindi Nel dit mooi verduidelik en jou herinner hoekom “nee” soms die mooiste woord is wat ʼn ouer kan sê....more11minPlay
October 03, 2025Gesonde gesinne | Staan vas sonder dreigemente en vreesKan jy jou kind lei sonder dreigemente en steeds gehoorsaamheid kweek? Ontdek hoe liefde en grense saamwerk in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne”....more17minPlay
September 26, 2025Gesonde gesinne | Lei met nuuskierigheid, nie beheer nieSó skep jy ʼn atmosfeer van ontdekking waar jou kind leer om ook selfondersoek te doen. Dit moedig insig aan, eerder as blote vrees vir straf. “Leiding beteken nie jy gooi grense weg nie. Kinders het steeds struktuur en duidelike verwagtinge nodig. Die verskil lê in die toon: ‘Ek verstaan jy is kwaad, maar dis nie reg om te slaan nie. Vertel vir my wat jy eintlik wou hê.’ Jou gesag bly behoue, maar jy is toeganklik en veilig.”...more15minPlay
September 19, 2025Gesonde gesinne | Wat sê my kind regtig met sy gedrag?Van trane tot ʼn voetstamp, elke aksie sê iets van jou kind se hart. Kan jy daardie taal ontsyfer?...more20minPlay
September 12, 2025Gesonde gesinne | Dissipline wat bou, nie breek nieHoe leer ons ons kinders verantwoordelikheid en selfbeheersing sonder om altyd eerste te straf? Kom luister na die bespreking oor dissipline op “Gesonde gesinne”....more25minPlay
September 05, 2025Gesonde gesinne | Hokaai, wag eers ʼn bietjieVyf sekondes is soms al wat jy as ouer nodig het om wys te reageer. Kom luister hier hoe wag ʼn sleutel tot kalm en wyse ouerskap is....more13minPlay
August 29, 2025Gesonde gesinne | Veg, vlug of vries? Leer kalm reageer as ouerSelfbeheersing is aansteeklik; as jy self die voorbeeld kan stel, sal jou kind jou navolg. Hierdie vaardigheid ontwikkel oor tyd deur selfrefleksie, ondersteuning en soms professionele leiding. Lourindi herinner ouers ook dat selfversorging nie ʼn luukse is nie, maar noodsaaklik....more19minPlay
August 21, 2025Gesonde gesinne | Konneksie eerste, want dissipline werk beter met liefdeOm ʼn konneksie te bou beteken nie ʼn ouer is toegeeflik nie, dit skep eerder ʼn grondslag vir effektiewe dissipline....more23minPlay
July 30, 2025Gesonde gesinne | Die grootste erfenis is ʼn pa se teenwoordigheidMarius Nel, berader en pa van vier, gesels met Pieter Cloete oor dieper vrae: Wat bou jy in jou kind in? Wat van jou wil jy hê moet bly?...more14minPlay
July 25, 2025Gesonde gesinne | Só leer jy jou kind luister en verstaanJy kan baie doen om jou kind te leer om goed met ander oor die weg te kom. Van empatie en goeie kommunikasie tot verhoudingsvaardighede – dit begin alles by die huis....more9minPlay
FAQs about Gesonde gesinne:How many episodes does Gesonde gesinne have?The podcast currently has 77 episodes available.