Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 606 episodes available.
January 02, 2020Groeipyne 2 Januarie 2020'n Gedagte wat wêreldwyd groot aanhang begin kry het die afgelope paar jaar, is dat ouers en versorgers aan die begin van die jaar moet besluit op 'n ouerskapsfokus vir die jaar wat voorlê. Johan van Lill praat hieroor met Wynand Breytenbach, 'n dominee, Charl Greef, 'n biokinetikus. en dr. Chanelle Kemp,'n gesondheidskundige, oor dinge waarop gesinne hierdie jaar kan fokus....more25minPlay
December 25, 2019Groeipyne 26 Desember 2020Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Lize Vlok oor dinge wat ouers en versorgers met kinders in die kombuis kan doen in die vakansietyd. Marinda is 'n bekende glanskok en Lize is 11 jaar oud....more21minPlay
December 19, 2019Groeipyne 19 Desember 2020Johan van Lill praat met Cynthia Linde oor wat om te doen wanneer die kinders in die vakansietyd baklei. Sy gee wenke oor hoe om die feestyd aangenaam te maak vir almal wat wil rus en kuier....more27minPlay
December 12, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Francois du Plessis, 'n karate-instrukteur, oor hoe om 'n veiligheidsbewustheid by kinders te ontwikkel. Onderwyskundige Stoffel Goosen vertel van die opsies wat leerders in Graad 9 het om of 'n akademiese of loopbaangerigte matriek te kies, en hoe dit vaardigheidstekorte in Suid-Afrika kan verminder....more25minPlay
December 05, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die rol wat respek speel om geweld teen vroue en kinders teen te werk. Watter rol speel die gedrag wat jy vir jou kinders modeleer, en jou elke dag se optrede om die waarde van respek te vestig....more22minPlay
November 28, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die waarde van geskenke, en hoe gesinne hierdie feestyd geskenke kan gee wat nie 'n platsak beursie tot gevolg het nie....more23minPlay
November 21, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Cynthia Linde van die Soetlief-lewensvaardhede program oor hoe 'n mens vir kinders sosiale en emosionele vaardighede kan aanleer, en die rol wat tegnologie daarin kan speel....more23minPlay
November 14, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor kreatiewe aktiwiteite wat jy met jou kinders kan doen, wat nie net hulle op 'n natuurlike wyse ontwikkel en stimuleer nie, maar ook geleenthede skep vir kwaliteitinteraksie en gesprekke....more21minPlay
November 07, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met prof. Renate Schoeman oor hoe mens 'n boekie kan gebruik om met jou kind oor ADHD te gesels. Sy is deel van die Goldilocks and the Bear Foundation, wat hierdie oulike hulpmiddel vir ouers en versorgers geskep het om kinders te help om beter te verstaan wat in hulle brein gebeur. Johan hoor ook by dr. Roxanne Bailey of jy kinders met hulle take en projekte moet help of nie....more26minPlay
October 31, 2019GroeipyneDis eksamentyd, en ouers en versorgers wonder dikwels hoe hulle in hierdie tyd dit vir kinders makliker kan maak om te leer. Johan van Lill praat met dr. Andre Vermeulen oor kognitiewe buigsaamheid en breinfiksheid, en die rol wat dit in kinders se studiemetodes speel....more23minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 606 episodes available.