Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.
December 19, 2019Groeipyne 19 Desember 2020Johan van Lill praat met Cynthia Linde oor wat om te doen wanneer die kinders in die vakansietyd baklei. Sy gee wenke oor hoe om die feestyd aangenaam te maak vir almal wat wil rus en kuier....more27minPlay
December 12, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Francois du Plessis, 'n karate-instrukteur, oor hoe om 'n veiligheidsbewustheid by kinders te ontwikkel. Onderwyskundige Stoffel Goosen vertel van die opsies wat leerders in Graad 9 het om of 'n akademiese of loopbaangerigte matriek te kies, en hoe dit vaardigheidstekorte in Suid-Afrika kan verminder....more25minPlay
December 05, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die rol wat respek speel om geweld teen vroue en kinders teen te werk. Watter rol speel die gedrag wat jy vir jou kinders modeleer, en jou elke dag se optrede om die waarde van respek te vestig....more22minPlay
November 28, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die waarde van geskenke, en hoe gesinne hierdie feestyd geskenke kan gee wat nie 'n platsak beursie tot gevolg het nie....more23minPlay
November 21, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Cynthia Linde van die Soetlief-lewensvaardhede program oor hoe 'n mens vir kinders sosiale en emosionele vaardighede kan aanleer, en die rol wat tegnologie daarin kan speel....more23minPlay
November 14, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor kreatiewe aktiwiteite wat jy met jou kinders kan doen, wat nie net hulle op 'n natuurlike wyse ontwikkel en stimuleer nie, maar ook geleenthede skep vir kwaliteitinteraksie en gesprekke....more21minPlay
November 07, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met prof. Renate Schoeman oor hoe mens 'n boekie kan gebruik om met jou kind oor ADHD te gesels. Sy is deel van die Goldilocks and the Bear Foundation, wat hierdie oulike hulpmiddel vir ouers en versorgers geskep het om kinders te help om beter te verstaan wat in hulle brein gebeur. Johan hoor ook by dr. Roxanne Bailey of jy kinders met hulle take en projekte moet help of nie....more26minPlay
October 31, 2019GroeipyneDis eksamentyd, en ouers en versorgers wonder dikwels hoe hulle in hierdie tyd dit vir kinders makliker kan maak om te leer. Johan van Lill praat met dr. Andre Vermeulen oor kognitiewe buigsaamheid en breinfiksheid, en die rol wat dit in kinders se studiemetodes speel....more23minPlay
October 24, 2019GroeipyneDaar word baie in die media berig oor hoe onseker die toekoms is. Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous van Unisa oor hoe ouers en versorgers kinders kan voorberei om verandering en onsekerheid te hanteer....more21minPlay
October 17, 2019GroeipyneDie waarde van stories is onskatbaar vir kinders se ontwikkeling. Nie net stories wat jy lees uit boeke nie, maar ook stories wat 'n mens vertel of waarna jy kyk. Johan van Lill praat met die skrywer en uitgewer, Anna Emm, oorom jou kind aan stories bekend te stel, en watter elemente van stories belangrik is wanneer jy stories vir kinders kies....more21minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.