Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 605 episodes available.
March 13, 2025Groeipyne 13 Maart 2025Gehoor en spraak is belangrike aspekte van 'n kind se ontwikkeling. Hoe weet ons as daar fout is? Hoe kan die probleem aangepak word? Oudioloog en spraakterapeut Agneta Grove gee raad....more25minPlay
March 06, 2025Groeipyne 6 Maart 2025Anthea Fredericks sit haar gesprek voort met Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, oor babas se breinontwikkeling, vel-tot-vel-aanraking en borsvoeding....more24minPlay
February 27, 2025Groeipyne 27 Februarie 2025Die geboorte van ‘n baba is ‘n vreugdevolle tyd vir nuwe ouers, maar dit kan soms ook oorweldigend wees. Hierdie klein mensie is totaal van jou afhanklik, en jy as primêre versorger het ‘n baie belangrike rol om te speel. Wat is hierdie rol, en hoe benader ‘n mens dit? Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, gee raad....more22minPlay
February 20, 2025Groeipyne 20 Februarie 2025Suid-Afrika met sy 12 amptelike tale is 'n baken van linguistieke diversiteit. Anthea Fredericks praat met Anneline Jack, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Spraak-, Taal- en Hoor-assossiasie, oor die belangrikheid van moedertaal, en die werk wat hulle doen....more23minPlay
February 13, 2025Groeipyne 13 Februarie 2025Ons fokus op die band tussen ouer en kind. Wat behels hierdie bindingsteorie? Anthea Fredericks praat met Judy-Ann Cilliers van MathMoms, ‘n organiseasie wat werklose vroue oplei om wiskundelesse vir kinders in hulle gemeenskap aan te bied. Deur middel van die lesse help hulle om gesonde, ondersteunende verhoudinge te help kweek....more24minPlay
February 06, 2025Groeipyne 6 Februarie 2025Die nuwe skooljaar is in volle swang, ook vir voorskoolse kinders. Dit beteken roetine, wat dalk tydens die afgelope lang vakansie eenkant toe geskuif is. Anthea Fredericks praat hieroor met Yolandi van den Heever, 'n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskoolonderwyser....more23minPlay
January 30, 2025Groeipyne 30 Januarie 2025Navorsing wys dat 5% van Suid-Afrikaanse kinders aandagafleibaarheid-hiperaktwiteitsindroom, of ADHD, het, maar die meerderheid van hierdie kinders word nie gediagnoseer of behandel nie weens 'n gebrek aan bewusmaking en hulpbronne. Juane du Randt, 'n geregistreerde berader en projekleier by die Goldilocks and the Bear Foundation, vertel van die werk wat hulle as nie-winsgewende organisasie doen om bewusmaking te kweek oor vroeë diagnose en behandeling....more24minPlay
January 23, 2025Groeipyne 23 Januarie 2025Die nuwe skooljaar is in volle swang, en sommige ouers is bekommerd oor oorvol klaskamers en ‘n tekort aan onderwysers. Remediërende onderwysers en leeskenners, Brand van Dyk en Celia Albasini, praat oor hoe om ‘n goeie grondslag vir jou kind se leerontwikkeling te skep....more23minPlay
January 16, 2025Groeipyne 16 Januarie 2025Ons gee vir oulaas ‘n terugblik op die programme wat in 2024 groot byval gevind het. Ons luister weer na dr. Esther Marloth wat haar doktorsgraad in leerderondersteuning verwerf het. Sy het ‘n groot passie om onderwysers in die klaskamer te help met leerders se verskillende leeruitdagings. Ons fokus ook op die ondersteunende rol van grootouers....more23minPlay
January 09, 2025Groeipyne 9 Januarie 2025In 2024 was daar heelwat Groeipyne programme wat groot reaksie uitgelok het. Ons luister weer na die onderhoude oor spraakprobleme en kinders met selektiewe mutisme....more25minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 605 episodes available.