Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • Maak jou berge molshope

    Om van elke molshoop ‘n berg te maak kan ‘n toksiese gewoonte raak, wat die mense om jou en jou geestelike lewe negatief beïnvloed. Ons doen dit meestal sonder dat ons daarvan bewus is, maar baie mense sien in die geringste kwessie ‘n reuse probleem of krisis. Almal beleef swaar en probleme, maar sekere mense sal met dramatiese byvoeglike naamwoorde dit altyd laat klink asof hulle slagoffers is van ‘n geheime sameswering.  Ander sal altyd die fout wat begaan is van ‘n byeenkoms, transaksie of idee uitlig. “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thes 5:21)  https://hrco.co.za/preke/verander-jou-berg-in-n-molshoop/ 

    49 min
  • Is daar nog geestelike Regters vandag?

    Wanneer ons die woord regter hoor, dink ons meestal aan geregtelike, regsuitsprake en immanente straf. Alhoewel dit beslis die geval is, het die Bybel 'n wyer begrip van regters of rigters.  In die lewe is ons almal in 'n sekere sin - regters. Ons oordeel oor die vriende wat ons kies, die regte lewensmaats met wie ons trou of vennote waarmee ons sake doen. Daar is 'n beoordelingsproses om nuwe personeel aan te stel, politieke menings te vorm, aankope of beleggings te doen, die geloofsoortuigings waarop ons ons lewe baseer. Die lewe is 'n reeks oordele, besluite en gevolgtrekkings gebaseer op feite, of instink, groepsdruk, impuls, emosie of navorsing. Ons soek almal die waarheid! Ons almal soek die regte oordeel van ons lewe. In verhoudingskonflik wil ons baie graag iemand hê wat die vete kan oordeel en partye kan versoen.  https://hrco.co.za/sermons/are-there-still-spiritual-judges-today/ 

    52 min
  • Voordele van die Regstelling van God

    Dit is oor en oor bewys: ons is so sterk soos die mense wat ons toelaat om in ons lewe inspraak te hê. Soos 'n selfoon ingeskakel moet wees tot 'n netwerk, en 'n vervaardiger wat gereeld opgraderings en regstellings aanbied om optimaal te funksioneer, het ons nodig om in die Godheid ingeskakel te wees en die genadegawe van Sy geregtigheid te leef, terwyl ons gereeld reggestel (RESET) word deur die inspraak vd Heilige Gees, die was van die Woord, die dissipline en mentorskap van volwasse gelowiges en nog baie meer! Wil jy geestelik OPTIMAAL funkioneer? Sien die voordele van die REGSTELLINGS van God!
    https://hrco.co.za/preke/verwelkom-die-voordele-van-god-se-regstelling-in-jou-lewe/

    54 min
  • Verstaan die oordele van God

    Plaasmoorde is nie net moorde nie, maar GRUWELDADE van onmenslike wreedheid. Geld geoormerk vir COVID 19, verlore deur KORRUPSIE! Man los vrou en kinders vir ‘n ander vrou! Mense sê mekaar sleg op sosiale media sonder grense!  Wat word van ons wêreld? Is dit die begin van die einde? Waar is God se OORDEEL? Waar is die REGSPRAAK? 

    “VERSTAAN GOD SE OORDEEL” 

    Dawid het homself getroos toe Hy God se oordele van ouds onthou. (Ps 119:52) 

    Preek NOTAS https://hrco.co.za/preke/verstaan-god-se-oordele/

    55 min
  • Ons geveg teen Irrasionele Vrees
    Van tyd tot tyd beleef ons almal irrasionele verlammende vrees en angs. Ons weet hoe dit voel as jou maag in ‘n knoop draai, en hoendervleis op jou lyf uitslaan, as gevolg van iets wat jy gelees het, of gehoor het. Leer van Luk 18:1-8 vd vrou se stryd teen die onregverdige regter, hoe om deur geloof vrees te oorwin.
    16 min
  • Toeskouers vs Doeners
    Die Bybel is nie ‘n versameling akademiese teoretiese kennis nie. Die Bybel is ‘n versameling geloofstories van mense wat hulle kennis van die waarheid toegepas het. Daar is ‘n wesenlike verskil tussen “beliefs” geloofsoortuigings en “faith” doen-geloof.
    13 min
  • Toeskouer vs Doeners

    Die gevaar om die waarheid te ken en dit nie toe te pas nie. Die Bybel is nie ‘n versameling akademiese teoretiese kennis nie. Die Bybel is ‘n versameling geloofstories van mense wat hulle kennis van die waarheid toegepas het.  Daar is ‘n wesenlike verskil tussen “beliefs” geloofsoortuigings en “faith” geloof. 
    VIDEO: https://youtu.be/S9IcxYTC80g
    NOTAS: https://hrco.co.za/preke/toeskouers-vs-daders/ 

    45 min
  • Oorwin Eensaamheid
    Martie-Louise Hunlun gesels met Jan Oosthuizen op Brugbou oor EENSAAMHEID. Ons met sosiale samesyn nodig vir gesonde fisiese en geestelike ummuun stelsels.
    15 min

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)