
Sign up to save your podcasts
Or


Ons hoor so baie wat verkeerd met die kerk is, maar wat is die onwankelbare realiteit van kerk wat nie geskud kan word nie? (Heb 12:21-29) Die mense stig organisasies, maar die Here belowe: “op hierdie rots sal ek my kerk bou en die hekke van die hel sal nie daarteen kan stuit nie” (Mat 16:18) Hierdie rots was nie Petrus nie, maar wel die openbaring wat hy gehad het dat Jesus waarlik die messias is. Sedertdien het miljoene mense al tot die openbaring gekom dat Jesus regtig is wie Hy sê Hy is. SIEN die wonderlike OPENBARING van dié wat teen ons is, is BAIE meer as die wat teen ons is. SIEN die heerlikheid van die EENHEID van die KERK wat was en is en sal wees! SIEN die GELOOFSKARE Feesgangers, bloedgewaste gemeenskap van gelowiges wat Jesus HERE noem!
https://hrco.co.za/preke/n-bybelse-definisie-van-die-kerk-as-geestelike-ekosisteem/
Sien en ontwaak tot die belangrikheid van die kollektiewe bymekaarkoms, plek van ontmoeting! Die samekoms van gelowiges is meer as net een persoon wat 'n preek. Dit is meer as net 'n paar liedjies saamsing as toeskouers! Dit is God se mense wat met hul God ontmoet!! Dit is 'n geestelike ontmoeting, want God is GEES wat 'n behae het daarin om tussen Sy kinders te wees. Dit is Christus in en onder ons die hoop op heerlikheid. Dit is 'n genesende, herstellende, regeneratiewe, versoenende ruimte van bevryding en vryheid! Dit is 'n plek waar die HEILIGHEID van God die oorhand kry en alles in almal vul! Dit is 'n plek van LIG! Dit is 'n plek van samesyn, verbondenheid en eenheid! Dit is die hemel op aarde!
https://hrco.co.za/sermons/collective-spiritual-connectedness/
Tema: "𝗞𝗼𝗺𝗺𝘂𝗻𝗶𝗸𝗮𝘀𝗶𝗲 𝗶𝘀 𝗺𝗲𝗲𝗿 𝗮𝘀 𝘄𝗼𝗼𝗿𝗱𝗲" Leer van die Godheid hoe om meer effektief te kommunikeer. In ‘n wêreld wat al hoe meer sukkel om te kommunikeer agv ras, geslag, kultuur, ouderdom, lewensuitkyk en ideologie verskille... mag die Here ons vul met Sy Hart, Woord en Gees sodat ons in veelvoudige strome van kommunkasie vorme Sy Liefde oordra. Die volkome genesing van die totale mens. https://hrco.co.za/preke/communication-is-more-than-words/
Die wonder en heerlikheid van Jesus se liggaam is onder aanslag, en al hoe meer mense stap weg van die juiste oplossing en voorsiening van wat God vir elkeen voorberei het in die gemeenskap van gelowiges. Mag die Here ons oë open om die wonder van 'n geestelike gemeenskap raak te sien, sodat ons elkeen ons plek en rol sal vervul! https://hrco.co.za/preke/wat-verwag-god-van-ons/
Sekerlik die belangrikste vraag wat mens God kan vra. Op sy knieë voor die aangesig van die Here roep fariseër Saulus die vervolger van die Jesus beweging: “Here, wat wil U hê moet ek doen?” Voorheen terwyl jy gevangene van sonde was, vervreemd van jou Maker, het reg-doen en reg-lewe jou nie veel gepla nie. Nou as kind van God, is jy nooit heeltemal seker of jy genoeg reg-doen en reg-lewe nie. Met elke preek hoor jy van nog ‘n stukkie heilige verwagting en nog wonderlike ideale buite jou bereik. Jy wil graag al hierdie regte goed doen, maar kry dit nie heeltemal reg nie. Wat verwag God dus van my? Gaan ek ooit die merk haal? Leer uit die preek hoe Christus juis gekom het, om ons die goddelike vermoë te gee, en in ons te werk om reg te lewe!!
Sien hoe bome in 'n woud mekaar help, en saam 'n habitat van veiligheid bied vir baie diere, voëls en insekte. 'n ekosisteem van groei, en beskerming. Mag ons deelname in gemeentewees vir mekaar, God se vrede en harmonie 'n realiteit maak in ons elkeen se lewe.
✍️𝗣𝗿𝗲𝗲𝗸 𝗻𝗼𝘁𝗮𝘀: https://hrco.co.za/preke/eden-church/
🤝𝗔𝗮𝗻𝗹𝘆𝗻 𝗢𝗳𝗳𝗲𝗿𝗵𝗮𝗻𝗱𝗲: https://www.hrco.co.za/make-a-donation/
👍'𝗝𝗼𝗶𝗻' 𝗚𝗲𝗿𝘂𝘀 𝗼𝗻𝘀 𝗙𝗕 𝗕𝗹𝗮𝗱:
https://www.facebook.com/HarvesterOlifantsriviervallei
Mense oneerbiedig vriendskap en geselskap deur op hulle selfone te sit en rondkyk, eerder as om deel te neem. Kinders praat lelik van hulle ouers. Mans neem besluite sonder om hulle vrouens te ken in die saak. Bestuur misken die input van die werkers op die vloer. Die werkers op die vloer sien nie die las wat die bestuur dra nie. Op sosiale media sê ons mekaar sleg. ONS IS BLIND. Eerbied, ontsag, respek en die vrees van die Here gebeur spontaan wanneer jou oë oopgaan. Open ons oë Here! https://hrco.co.za/preke/reg-sien-ware-eerbied/
Ons almal ken van finansies. Maar almal ken nie van God se finansies nie.
Sommige is bang vir geld en wil niks daarmee te doen hê nie. Ander is lief vir geld en soek net meer en meer. Verder is daar die harde realiteit: geld verander mense. Geld het al menigte verhoudings verwoes.
Die koninkryk is gebasseer op deel en gee, terwyl die huidige verbruiker generasie gebasseer is op aankope en akkumilasie. Daar is dus ‘n wesenlike antitese en paradoks waarmee ons in ons hart worstel. Die probleem is dat die verbruiker se waarde, identiteit, en rede vir bestaan gekoppel word aan watter rykdom en bates jy versamel het.
Die NT voorskrif is eenvoudig: ringfence en cap jou lewenstyl met wat jy mee gemaklik is, om vir jou gesin, en kinders se kinders te sorg. Die res word gedeel of gegee. Dis nie maklik nie, want die meeste middeljarige salaristrekkers sorg alreeds ten dele vir hulle ouers, moet hulle kinders ‘n geleerdheid gee, en dan boonop genoeg geld spaar vir hulle eie oudag. Om dan nog te hoor van die armes se pleitdooi wat geregtig voel op ons hulp, maar mens naar in jou binnekant.
Ons het dus dringend nodig om ‘n goddelike perspektief op geld en die ekonomie te kry.
From the publisher's feed