Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markt... more
FAQs about Katbosbult:How many episodes does Katbosbult have?The podcast currently has 121 episodes available.
September 01, 2023Katbosbult – Episode 60Dis die dag van die langverwagte verkiesing en dit gons in Katbosbult. Wie ondersteun vir wie… en wie help om kiesers aan te ry stembus toe? Die spanning bou op. Uiteindelik kan daar net een wenner wees. Maar daar wag ʼn groot skok op die dorp se mense....more12minPlay
August 31, 2023Katbosbult – Episode 59Reggie kry hulp waarvoor sy baie dankbaar is. Die dorp is opgewonde want môre is dit uiteindelik die lankverwagte tussentydse verkiesing vir ʼn pos op die dorpsraad tussen Chrissie en Shirley. Monique is erg bekommerd. Ná hul gesprek is Reggie net so bekommerd....more12minPlay
August 30, 2023Katbosbult – Episode 58Reggie en Jasper geniet ʼn heerlike naweek wat Reggie hierdie keer aanvoor. Dis spesiaal só beplan dat ʼn adrenalienjunkie soos hy hom gate uit kan geniet. Maar ongelukkig is alles nie rosegeur en maanskyn nie....more12minPlay
August 29, 2023Katbosbult – Episode 57Chrissie se verkiesingsveldtog verloop kookwater. Soveel so, dat Monique bekommerd raak. Brian Barkley maak ʼn interessante skuif. ʼn Blou koevert word opgetel wat vrae in die Shirley Sinfieldkamp laat ontstaan....more12minPlay
August 28, 2023Katbosbult – Episode 56Monique is op ʼn nuwe missie. Jasper kry onverwags ʼn aanbod wat hy ernstig moet oorweeg. Die Katbosbult Restaurant beleef drama soos nog nooit tevore nie. En soos gewoonlik verskyn die joernalis met haar ekstra kort rokkie weer op die toneel....more11minPlay
August 25, 2023Katbosbult – Episode 55Jasper en Reggie ry deur Oudtshoorn toe vir ʼn uitstappie, maar dit verloop nie heeltemal soos Jasper dit – met al sy goeie bedoelings – beplan het nie. Daar’s ʼn lastige vlieg in die salf....more11minPlay
August 24, 2023Katbosbult – Episode 54Waarheen het Shirley verdwyn en hoekom? Die gebeure wat rondom ʼn bakkie op Halfmens afgespeel het, se nadraai is nog lank nie verby nie. Trouens, dit lyk of dit kleintjies kry. Wat is die jongste terugslag wat Chrissie tref?...more12minPlay
August 23, 2023Katbosbult – Episode 53Reggie beleef ʼn dol dag. Sy kry meer as een uitnodiging. Die eerste uitnodiging loop uit op ʼn katastrofe. Dan ontvang sy boonop besoek van iemand en die daaropvolgende gesprek gooi haar lelik....more11minPlay
August 22, 2023Katbosbult – Episode 52Die dag toe sersant Johnson se bakkie by Halfmens se groothek uitry, bly Chrissie helder voor die gees. Sy onthou duidelik ʼn man met ʼn meswond oor sy regterwang agter die stuurwiel. Iewers is ʼn bedrogspul en dit vreet aan Chrissie. Is dit waarom sy skielik op ʼn missie is?...more11minPlay
August 21, 2023Katbosbult – Episode 51Daar is ʼn rits gebeure op Halfmens met belangrike gevolge. Sersant Johnson se bakkie is nie meer op Chrissie se plaas nie – wat die dorpenaars aan die raai het. Dié chaos draai later in die polisie se aanklagkantoor....more12minPlay
FAQs about Katbosbult:How many episodes does Katbosbult have?The podcast currently has 121 episodes available.