Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markt... more
FAQs about Katbosbult:How many episodes does Katbosbult have?The podcast currently has 121 episodes available.
August 18, 2023Katbosbult – Episode 50Shirley neem ʼn belangrike besluit waarna daar nie meer omdraaikans is vir haar nie. Haar drome oor haar aalwynboerdery kry gestalte. Wat beplan sy alles en wie help haar fluks daarmee? Daar is ʼn belangrike wending in die saak teen sersant Johnson....more11minPlay
August 17, 2023Katbosbult – Episode 49ʼn Staalkas in ʼn skuur op Halfmens het Chrissie skielik aan die skarrel. Gelukkig staan Simon Slotmaker se hande vir niks verkeerd nie. In sersant Johnson se afwesigheid tree ʼn nuwe kampvegter vir hom na vore wat goed na sy belange omsien....more12minPlay
August 16, 2023Katbosbult – Episode 48Jasper se paaie kruis met dié van Reggie en Monique. Reggie is sag op sy oog. Dis of Monique skoon uit karakter optree net om naby die nuwe held van Katbosbult te kom. En dan is daar natuurlik die alomteenwoordige joernalis met die ekstra kort rokkie wat altyd nóg ʼn vraag het om vir Jasper te vra....more12minPlay
August 15, 2023Katbosbult – Episode 47Jasper Jonker maak sy opwagting in Katbosbult op ‘Katbosnuus’ se voorblad. Hy is die aantreklike nuwe, jong assistent-bestuurder van die Katbosbult Restaurant. Leonardo betoon geen genade nie; hy gooi Jasper in die diep kant in en werk sy gal vir hom. En toe lees Leonardo sommer vir Jasper se ma ook die leviete voor....more11minPlay
August 14, 2023Katbosbult – Episode 46Dokter Pieterse maak amok met sy Cessna. Dit lyk of hy tot groot ontsteltenis van die dorp se inwoners, oral in ʼn huis of gebou gaan vasvlieg. Leonardo en Shirley agtervolg hom so goed, hulle kan kaptein Nkosi op hoogte van die chaos hou. Een drama loop uit op ʼn tweede, erger as die eerste. Dan snak Leonardo en Shirley na hulle asems…...more11minPlay
August 11, 2023Katbosbult – Episode 45Nog ʼn persoon word in die dorp vermis. Sersant Johnson word van Rolbos na die Katbosbult Hospitaal oorgeplaas. Shirley doen moeite om uit te vind wat met hom gebeur het, met ʼn rede. ʼn Ligte Cessna-vliegtuig maak amok in die dorp....more11minPlay
August 10, 2023Katbosbult – Episode 44Shirley is intens betrokke by die soektog na die vermiste Sersant Johnson. Dinge is aan die gebeur in Katbosbult: ʼn Bekende dorpswinkel se naam word verander … en hoekom eet ʼn bekende dorpenaar vanaand alleen in die Katbosbult Restaurant?...more11minPlay
August 09, 2023Katbosbult – Episode 43Katbosbult is in rep en roer. Almal help soek na die vermiste Sersant Johnson. Chrissie maak vuur onder almal sover sy gaan. Sy is nie die enigste een nie. Terwyl Reggie saam met Eppo die aand braai, lui haar foon … en skokkende nuus volg....more10minPlay
August 08, 2023Katbosbult – Episode 42Sersant Johnson se groot avontuur in Rolbos het ernstige gevolge. Die vraag is of die Sersant ʼn les geleer het, of spoor die insident hom juis aan tot groter aksie? ʼn Pannekoekstalletjie voor die winkelkompleks maak opslae. Dis nie ʼn gewone pannekoekstalletjie nie....more11minPlay
August 07, 2023Katbosbult – Episode 41Shirley word weer gevat om ʼn plaas te besigtig. Daar’s ʼn wending in haar soeke na geskikte grond vir haar aalwynboerdery. Die dorpsplein beleef ʼn vuurwarm woordewisseling. Sersant Johnson se aand word die ene avontuur wanneer ʼn verdagte persoon verby hom jaag....more12minPlay
FAQs about Katbosbult:How many episodes does Katbosbult have?The podcast currently has 121 episodes available.