Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas: Verpleegkunde as beroep
    26 Junie 2026: Verpleegkunde is ‘n studierigting wat verg dat jy hare op jou tande moet hê. Barrie Ferreira vind meer uit oor wat die beroepsmoontlikhede is in die gesondheid-steundienssektor.
    25 min
  • Kompas: Jou vakkeuse vir Graad 10
    24 Junie 2026: As daar een onderwerp is wat spanning kan veroorsaak, is dit leerders se vakkeuse vir Graad 10. Vir graad 9-leerders voel dit skielik asof hulle hele toekoms van dié besluit afhang. Watter vakke kies jy? Wat as jy verkeerd kies? Ons praat met Albert Keet, ’n opvoedkundige sielkundige, oor hoe leerders en ouers hierdie proses moet benader. Ons hoor ook by ’n paar graad 9-leerders hoe hulle oor vakkeuses voel.
    25 min
  • Kompas: Registrasie om in buiteland te stem
    18 Junie 2026: Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe registrasie om te stem buite Suid-Afrika werk, wanneer om jou registrasiebesonderhede op te dateer, en wanneer herregistrasie nodig is.
    21 min
  • Kompas: Matrikulant van die Overberg se passie vir rugby
    17 Junie 2026: Brooklyn Okkers, ‘n 17-jarige matrikulant, blink uit in hokkie, cheerleading, dirigente, redenaars en debat, maar dis rugby wat haar hart gesteel het. Sy het eers haar BokSmart-veiligheidskwalifikasie gekry, ’n belangrike stap vir enige rugbyskeidsregter. Daarna het sy Wêreld Rugby se kursusse begin voltooi. Sy het reeds sewe kwalifikasies, maar dis net die begin vir hierdie meisie van die Overberg.
    23 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.