Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas: Jongmense en skaak
    24 Julie 2026: Is skaak ‘n irrelevante speletjie, of het dit nog plek in jongmense se lewe? Barrie Ferreira het gaan uitvind in die week waarin ons Wêreld Skaakdag vier.
    23 min
  • Kompas: Dis nie te laat om jou drome te jaag nie
    22 Julie 2026: Enrico de Bruin se storie laat jou besef dis nooit te laat om jou drome na te jaag nie. Dié inhoudskepper op sosiale media het die klaskamer verruil vir die gange van ‘n hospitaal. Ons hoor wat die beweegrede agter dié besluit was.
    23 min
  • Kompas: Pronk Podium-tienertoneel
    21 Julie 2026: Pronk Podium het tien jaar gelede as ‘n tienertoneelprogram begin, en spog vandag met vyf verskillende afdelings. David Brink en Nadia Beukes gesels oor Pronk Podium se eindronde in September, deel wenke uit ‘n beoordelaar se perspektief, en vier tienertoneel en -kuns in al sy glorie.
    24 min
  • Kompas: B IS VIR BOELIE-projek
    17 Julie 2026: Boeliegedrag bly ‘n baie groot probleem in Suid-Afrikaanse skole. Hoe gaan ‘n mens te werke om dit aan te pak? Barrie Ferreira vind meer uit oor die B IS VIR BOELIE-projek wat hierdie probleem probeer bekamp.
    23 min
  • Kompas: Leer slimmer, nie harder nie
    14 Julie 2026: Zani van Jacaranda Learning is passievol oor opvoeding, en help jongmense nie net om akademies beter te presteer nie, maar ook om te verstaan hóé hulle die beste leer. Ons praat oor leerstyle, studietegnieke, ekstra klasse, opvoedkundige sielkunde en hoe om studies te balanseer met alles anders wat die lewe van ons vra.
    21 min
  • Kompas: Die waarde van vrywilligerswerk
    13 Julie 2026: Vrywilligerswerk bied ‘n wye verskeidenheid voordele aan jongmense. Dit kan ‘n CV versterk want dit demonstreer inisiatief, toewyding, verantwoordelikheid en ‘n gewilligheid om te leer.
    22 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.