Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas: Chris Steyn se Ysterman-ervaring
    10 Julie 2026: Wat het uithouvermoë en ‘n ou Kinderbybelliedjie met mekaar te doen? Barrie Ferreira vind uit wanneer hy met die sanger, Chris Steyn, gesels oor sy ervaringe tydens ’n Ysterman-kompetisie waaraan hy deelgeneem het.
    25 min
  • Kompas: Projek 111
    9 Julie 2026: Michelle Seeber van MBS Global Education, vertel Projek 111. Dis ’n reis van 111-dae deur Suid-Afrika wat op 1 September 2026 begin, waartydens al nege provinsies besoek word om jongmense te inspireer, gemeenskapsprojekte aan te pak, geleenthede vir internasionale werk en studie bekend te stel, en die unieke stories van Suid-Afrikaners met die land te deel.
    22 min
  • Kompas: Die winter en jou lyf
    8 Julie 2026: Dis winter, en skielik klink pap, bredie en warm gebakte brood soos die beste idee ooit. Die dae is korter, die bed is warmer, en daai kombers voel baie beter as gimskoene. Wat doen die winter aan jongmense se gesondheid, eetgewoontes en oefenroetine? Ons gesels met ‘n dieetkundige oor hoe om trooskos en gesonde eet reg te balanseer. En ’n oefenafrigter deel praktiese wenke om gemotiveerd te bly, selfs wanneer dit buite reën. Jou winterlyf sal later dankie sê.
    25 min
  • Kompas: Minikrieket-spelers oefen saam met Proteas
    7 Julie 2026: Hazel Janse van Rensburg hoor by twee minikrieket-spelers hoe dit was om deel van ‘n veldtog te wees waar hulle saam met professionele Protea-krieketspelers kon oefen. Dit het selfs ysbaddens by die Wanderers-stadion ingesluit!
    21 min
  • Kompas: Maak die beste van jou skoolvakansie
    6 Julie 2026: Is die skoolvakansie ‘n tyd om net terug te sit, niks te doen en jou duime te rol? Of moet dit jy dit produktief benut, en nuwe vaardighede te ontwikkel? Ons het ’n paar idees oor hoe jy die beste van jou skoolvakansie kan maak.
    22 min
  • Kompas: Leef bewustelik
    1 Julie 2026: ’n Gebalanseerde lewe beteken nie dat alles altyd perfek is nie. Dit gaan daaroor om bewustelik te leef, om tyd te maak vir werk én rus, vir ander én vir jouself, vir liggaam, gees en hart. Lewensafrigter, Tanya Loubser praat oor hoe om al die balle in die lug te hou, en dat dit oukei is om een of twee te laat val.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.