Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas: Honderde kilometers oor agt dae met sonkrag
    21 Augustus 2026: Barrie Ferreira maak ‘n draai by die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria om te gaan kyk na sonkragmotor wat die leerders gebou het. Hulle gaan deelneem aan ‘n sonkaruithouren. Die projek gee vir hulle ‘n geleentheid om ander vaardighede aan te leer.
    25 min
  • Kompas: Saskia Pocock is die stem van RSG se nuwe boekvoorlesing
    19 Augustus 2026: Saskia Pocock was net 17 jaar oud toe twee oproepe van RSG haar lewenspad verander het. Sedertdien het sy gegroei van 'n skoolmeisie met 'n kultuurbalkie op haar baadjie tot 'n gevestigde kunstenaar wat radio, verhoog, besigheid en internasionale ervaring in een loopbaan saambring. Sy het nou 'n nuwe hoofstuk betree as die stem van RSG se oggendboekvoorlesing.
    26 min
  • Kompas: Die kunstenaar in jou
    5 Augustus 2026: Kuns is nie net as iets wat teen ’n muur hang nie. Ons praat oor kuns as ’n stem. As ’n manier om te sê: “Dít is wie ek is. Dít is waar ek vandaankom. Dít is hoe ek die wêreld sien.” Miskien is daar ook ’n storie in jou wat wag om geteken, geverf, geskryf of vertel te word. Moenie wag tot alles perfek is nie. Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Jou stem maak saak, jou storie is belangrik. Donavan Mynhardt, kurator by die Rust-en-Vrede-galery, wat betrokke is by die Junior Portrait Awards, vertel hoe hierdie platform jong kunstenaars help. Ons gesels ook met die jong kunstenaar en onderwyser, Welme Booys. Sy is van Goedverwacht, en skep treffende portrette met houtskool - werke wat nie net gesigte vasvang nie, maar ook gevoel, storie en menswees.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.