Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas: Hendré, die houtverkoper
    3 September 2026: Het jy geweet jy kan reeds op sewe jaar ‘n suksesvolle entrepreneur wees? Ons gesels met ’n jong knaap wat bewys dat jy nooit te jonk is om ’n suksesvolle besigheid te begin nie. Sy naam is Hendré, en hy verkoop hout.
    21 min
  • Kompas: Angela is nie jou gewone mynwerker nie
    19 Augustus 2026: Angela Lindeque, 'n trotse boorling van Namakwaland, breek mure af en herdefinieer wat moontlik is vir vroue in 'n bedryf waar mans tradisioneel die reëls bepaal. Sy is een van slegs drie vroue in die hele land wat die mynreddingskursus suksesvol voltooi het. In Junie is sy as ‘n internasionale myn se sterpresteerder vir 2026 genomineer.
    25 min
  • Kompas: STEM-loopbane net vir mans?
    31 Augustus 2026: Baie jongmense dink dat STEM-, tegniese- en beroepsgerigte loopbane net vir mans is, maar is dit werklik die geval? Hoe kan jong vroue bemagtig word om daarin te tree?
    23 min
  • Kompas: Ben Albertyn en Roberto Kyle

    26 Augustus 2026: Ons hoor van twee jong Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die Silwerskermfees op sy kop gekeer het. Ben Albertyn is te sien in die drama, Landmyn. Dié film gaan oor drie broers en susters wat ná 'n dekade weer bymekaarkom, en hulle ma wat soos 'n landmyn op die punt staan om te ontplof. En, ons praat met Roberto Kyle, 'n akteur, skrywer én regisseur wat sy debuutkortfilm, Genoeg, gemaak het. Dit is 'n diep persoonlike storie oor 'n seun en sy pa.

    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.