Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas: Twee teaterstukke wat jou laat dink
    30 September 2026: Teater het die vermoë om ons stil te maak, wakker te skud en soms selfs ongemaklik naby aan die waarheid te bring. Dit vat stories wat ons dink ons ken — stories oor identiteit, pyn, gemeenskap, geweld, trauma en oorlewing — en sit dit reg voor ons neer, onder die ligte van ’n verhoog. Ons gesels met Carlo Daniels oor Eugene, ’n rou en poëtiese teaterstuk, gegrond op Kirby van der Merwe se bekroonde roman. Ons gesels ook met Miché van Wyk, die skrywer van Wie call die shots? — ’n nuwe produksie wat fokus op vuurwapengeweld en die impak daarvan op gemeenskappe en kinders.
    26 min
  • Kompas: Skuld, skaamte en pyn
    25 September 2026: Wat behels die emosies, skuld, skaamte en pyn, en hoe kan jy dit oorwin? Ek is nie my grootste fout nie; ek is nie iemand anders se opinie nie; ek is nie my verlede nie. Ek is ook nie my huidige pyn of die goed wat ek beleef nie. Net omdat jy gevoelens van skuld, skaamte en pyn beleef, hoef dit jou nie te definieer nie.
    25 min
  • Kompas: Wat is erfenis?
    23 September 2026: Op 24 September vier Suid-Afrika Erfenisdag. Dis 'n dag waarop ons stilstaan by die ryk tapisserie van kulture, tradisies en stories wat die land so uniek maak. Maar wat beteken erfenis werklik? Is dit net oor die verlede, of vorm dit ook wie ons vandag is en wie ons môre sal wees?
    26 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.