Ons gesels met twee jong entrepreneurs. Hulle is studente wat hulle eie besighede begin het tydens hulle studies. Om ’n student te wees is nie kinderspeletjies nie, en om boonop jou eie besigheid te begin, is bewonderenswaardig. Gailynn Potts spog oor haar skoonheidsalon, en Bainca Stallenberg vertel hoe een van haar passies, hare, in ’n besigheid ontaard het.