Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 14 November 2022
    Athina Jansen gesels met die hoofleier van Hoërskool Albertina vir 2023, Leigh-Hende Eksteen, en met ‘n kultuur-uitblinker van Vredendal Sekondêre Skool, Eswin de Wee, oor hulle prestasies. ‘n Tweedejaarstudent van Universiteit Stellenbosch, Anouk Cronje, het raad vir leerders wat aanstaande jaar wil studeer.
    16 min
  • Kompas 11 November 2022
    Waar woorde faal, praat musiek. Ernusta Maralack, Kuier se artikelredakteur, gesels oor die komende Musiekindaba, en hoe opkomende jong kunstenaars hierby baat kan vind. die Kaapse musikant, Fagrie Isaacs, gooi ‘n musikale draai, en bring hulde aan die ikoniese Luther Vandross.
    23 min
  • Kompas 9 November 2022
    KRAGKAMP - Episode 9:  Die laaste paar deelnemers sleep vlerk en werk hard om vir Armand Aucamp, hulle beoordeelaar, te vlei met hul pick-up lines en date idees. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe loer ook by die deelnemers in om uit te vind of hulle al groei getoon het oor die laaste paar weke, en of die vaardighede wat hulle leer, hulle help in hulle alledaagse lewe.
    32 min
  • Kompas 8 November 2022
    Marius Diergaardt, die senior kurrikulumbeplanner vir Fisiese Wetenskappe in die Wes-Kaap, bespreek noodsaaklike aspekte, wat matrieks sal help met die voorbereiding vir die twee vraestelle.
    26 min
  • Kompas 2 November 2022
    KRAGKAMP - Episode 8: Die deelnemers kry hulle vierde uitdaging: liefde en ‘n liefdesafspraak met ‘n begroting. Arehan Brand, Mar-li van der Merwe en die deelenemers kry ook liefdesraad by Armand Aucamp, akteur en die stigter van Koer, die eerste Afrikaanse dating toep. Armand is ook die beoordeelaar vir hierdie uitdaging.
    29 min
  • Kompas 1 November 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Anita Ockhuis, 'n wiskunde-onderwyser by Proteahoogte Akademie, oor wat matrieks in die tweede vraestel kan verwag.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.