Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 17 Oktober 2022
    Arehan Brand gesels met Lynn Kruger, ‘n Godsdiensstudie-onderwyser aan die Hoërskool Elswood, en Ethan Carolus van Hoërskool Bishop Lavis, oor hierdie vak se twee eindeksamenvraestelle. Hulle bespreek belangrike konsepte, temas en inhoud.
    24 min
  • Kompas 14 Oktober 2022

    Oktober is Borskanker-bewusmakingmaand. Chrislynn Sias gesels met Debbie Gebhardt oor hulle niewinsgewende organisasie, Check Now, Prevent, en die innoverende manier om jou te herinner om jou borste te ondersoek. Rodney Goliath, beter bekend as Rotas the Rapper, gooi weer ‘n rymkletsdraai om te vertel van sy nuwe mixtape.

    23 min
  • Kompas 13 Oktober 2022
    Craig besit sy eie haarsalon aan die Wesrand. Hy vertel hoe wonderlik sy werk is, en motiveer jongmense om hard te werk. Hy gesels oor hoe hy sy besigheid en gesinslewe balanseer.
    22 min
  • Kompas 12 Oktober 2022
    KRAGKAMP - Episode 5: Die deelnemers vertel hoe hulle voel noudat hulle weet dat daar punte op die spel is met elke uitdaging. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe vind uit of enigiemand al strategies begin beplan, en die laaste vier deelnemers se mode-en-stileringsuitrustings word deur Marciel Hopkins bepunt.
    26 min
  • Kompas 11 Oktober 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Alexa van Wyk, vakadviseur vir Wiskundige Geletterdheid in die Wes-Kaap, oor belangrike aspekte wat matrieks sal help met hulle voorbereiding vir die eindeksamen.
    28 min
  • Kompas 10 Oktober 2022
    Arehan Brand gesels met Pieter Kirsten, vakadviseur vir Natuurwetenskap en Tegnologie by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor klaskamerbestuur. Hy verduidelik hoe om die onderwysproses in die klaskamer meer kreatief en aangenaam te maak vir leerders.
    20 min
  • Kompas 7 Oktober 2022
    Arehan Brand gesels met Natasha Swart van Kathu in die Noord-Kaap oor haar studies in veeartsenykunde en diereversorging. Sanet Badenhorst gesels ook oor haar passie vir digkuns, skryf en kitaarspeel, en haar besluit om op 27 haar Wiskunde te verbeter.
    26 min
  • Kompas 6 Oktober 2022
    Juandre Visser, ‘n graad 11-leerder,  presteer op alle vlakke – kultuur, sport en akademie. Hy is ook onderhoofseun vir 2023. Juandre gee wenke aan leerders om hulleself te motiveer vir die pylvak van die jaar. Hy gesels ook oor tydsbestuur, en hoe dit jou kan help om gemotiveerd te bly.
    25 min
  • Kompas 5 Oktober 2022
    KRAGKAMP - Episode 4: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe gee die tweede uitdaging aan die deelnemers – mode en stilering. Voormalige Mej. SA-finalis en Boer Soek ‘n Vrou-aanbieder, Marciel Hopkins, gee raad en terugvoer aan die deelnemers oor die uitdaging.
    33 min
  • Kompas 4 Oktober 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Glen Samaai, adjunkhoof-onderwyskundige vir Geografie in die Wes-Kaap en skrywer van Graad 10-12 handboeke, om leerders goed toe te rus met die nodige inligting en vaardighede ter voorbereiding van die eksamen. Hortoloog en grondkundige Enzo Jansen vertel wat sy beroep behels.
    28 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.