Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 19 September 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Mathilda Botha, die senior-kurrikulumbeplanner vir Kodering en Robotika in die grondslagfase in die Wes-Kaap, oor hoe om rekenaargeletterdheid by jong leerders te ontwikkel.
    22 min
  • Kompas 16 September 2022
    Is jou liggaam gereed vir die somer? Die warm seisoen is vinnig besig om ons te bekruip, en nou is die perfekte tyd om jou kop, liggaam en kas skoon te kry! Hoeveel oefening is genoeg, en hoe neem ‘n mens volhoubare gesonde eetgewoontes aan?
    23 min
  • Kompas 14 September 2022
    RSG se nuwe tienerrealiteitsreeks, KRAGKAMP, skop af! Ontmoet die eerste vier deelnemers wat aan hierdie baanbrekerreeks gaan deelneem: Claudia Stipp (17) van Hoërskool Jan van Riebeeck, Carla van Schalwyk (15) van Hoërskool Stellenbosch, Jaco Venter (15) van Hoërskool Durbanville, en Melri Nel (17) van Pionier Skool vir Blindes.
    26 min
  • Kompas 13 September 2022
    Mar-li van der Merwe praat met Patrick Julius, senior onderwyskundige en hoofnasiener vir Ingenieursgrafika en ontwerp in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met die voorbereiding vir die eksamen. Argitek Christiaan van der Spuy vertel wat sy beroep behels.
    27 min
  • Kompas 12 September 2022
    Athina Jansen gesels met hokkie-uitblinkers van Bloemfontein en musiekkunstenaar Jodi Jantjies. ‘n Jong akteur van Johannesburg, Liam Bosman, gee raad en wenke aan jong opkomende akteurs.
    21 min
  • Kompas 9 September 2022
    Digkuns is om te skilder met woorde. Almal het al probeer gedigte skryf, hetsy dit die oulike gediggie is wat jy vir jou laerskoolonnie moes skryf, of toe jy ouer word en diep geheime in gedigte verklap het. Twee digters, Quinton Stuurman en Suné Damons, vertel van hulle eerste liefde,  woorde, en wat hulle skryfproses behels.
    24 min
  • Kompas 8 September 2022
    (N)YDO is ‘n gemeenskapsorganisasie in Eersterust, Pretoria. Hulle fokus op die jeug, en werk nou saam met die Departement van Korrektiewe Dienste om jong misdadigers deur ‘n program te rehabiliteer en gereed te maak om terug te keer na hulle families en gemeenskappe. Die benadering is holisties, waar ouers en skole in die omgewing betrek word om die probleem van jeugmisdaad te bekamp. Terrance April gesels met Elzabe Aucamp, bestuurshoof van die organisasie, oor hulle verskillende programme. Mart-Leen Oosthuizen gesels met Renske van Hoёrskool Ligbron in Ermelo wat hulle eerste tienertoneel aanbied.
    25 min
  • Kompas 7 September 2022
    Arehan Brand gesels met Christian Harmse, jeugmentor, gemeenskapswerker en motiveringspreker, oor tweede geleenthede vir jong misdadigers wat vervolg is en in jeugaanhoudingsentrums aangehou word. Hulle bespreek die faktore wat aanleiding daartoe gee dat jongmense die wet oortree, en dat dit nooit te laat is om jou lewe om te keer nie.
    20 min
  • Kompas 6 September 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Johan Moolman, 'n Landboutegnologie-onderwyser by Hoër Landbouskool Boland. Hy bespreek ‘n paar belangrike aspekte wat leerders sal help met hulle voorbereiding vir assesserings en die eindeksamen. Willie Nutt vertel ook wat dit behels om te boer.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.