Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 22 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met Tiah Williams, ‘n sanger aan die Hoërskool Tygerberg, wat onlangs drie gouemedaljes by die Gemini-sangkompetisie gewen het. Daniël Vorster, ‘n Graad 11 leerder aan die Hoërskool DF Malan, het onlangs aan die Fiestalonia Milenio-kompetisie in Spanje deelgeneem. Hy vertel van sy ervaring daar, asook sy deelname en prestasies by die Talent Africa-kompetisie.
    22 min
  • Kompas 19 Augustus 2022
    Clinton Morgenrood, ‘n sosiale media-bemarker en -entrepreneur, asook kosstileerder, vertel van sy werk. Alwyn Uys, wat in sy 20’s verskeie terugslae ervaar het, deel sy lewensverhaal. In weerwil van die lewe se harde houe en sy lewe in ‘n rolstoel, het hy al van Robbeneiland na Blouberg geswem en ook ‘n Ysterman voltooi.
    33 min
  • Kompas 18 Augustus 2022
    Wat behels dit om ‘n fisioterapeet te wees en te word? Ons kyk ook na beroep en studierigtings in  komplementêre medisyne. Luister en vind uit of een van hierdie beroepe vir jou is.
    24 min
  • Kompas 17 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met Franlen Coetzee, die uitstallingbeplanner en koördineerder by die Kaapse Loopbaan Uitstallersvereniging, oor loopbaan-uitstallings en die nut daarvan vir jongmense. ‘n Paar jongmense vertel ook van hulle loopbane.
    25 min
  • Kompas 16 Augustus 2022
    Mar-li van der Merwe praat met Ronel Schoeman van die Weskaapse OnderwysdDepartement oor Rekenaartoepassingstegnologie. Sy verduidelik ook vir graad 12 leerders wat hulle in die voorbereidings- en nasionale eksamens kan verwag, en hoe hulle die vraestelle moet beantwoord.
    26 min
  • Kompas 15 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met Mizelle Terre’Blanche, ‘n matrikulant aan die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom, wat aan die Dans Wêreldbeker deelgeneem het in San Sebastian, Spanje. Sy het die vuyfde plek behaal vir haar jazz-roetine. Jaco Jacobs, ‘n Graad 11 leerder aan die Hoërskool Outeniqua, het goud ontvang vir sy geoutomatiseerde inflasie- en drukreguleerder vir ontspannings- en professionele fietsryers by die Global Youth and Technology Bowl.
    23 min
  • Kompas 12 Augustus 2022
    Arno van Zijl, die Suid-Afrikaanse senior en junior o/74 kg stoeikampioen, vertel vir Arehan Brand van sy onlangse deelname aan die Statebondspele in Birmingham. Hulle klets ook die sport en Arno se deelname aan die Junior Wêreld Stoeikampioenskappe in Bulgarye later vanjaar.
    28 min
  • Kompas 10 Augustus 2022
    Wat is al die verskillende na-skoolse onderwysinstansies waar Suid-Afrikaners verder kan studeer? Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk, Direkteur vir Beroepsopleiding by die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, oor die na-skoolse onderwyssektor, en vind ook meer uit oor die rol van TVET-Kolleges. Hulle bespreek kwessies soos swendelinstellings en deel gratis hulpbronne om jou te help om jou loopbaan te beplan.
    23 min
  • Kompas 9 Augustus 2022
    Mar-li van der Merwe praat met Kevin Malan, 'n senior onderwyskundige vir Meganiese Tegnologie in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met voorbereiding vir die eksamens. Dieter van Rooyen, ‘n meganiese ingenieur, vertel wat hierdie beroep behels.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.