Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.
December 27, 2021Kompas 27 Desember 2021Athina Jansen gesels met die uitblinkers wat deelgeneem het aan Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees. Elzaan Daniels het beste aktrise gewen, en die Hoërskool Martin Oosthuizen het drie toekennings ontvang waaronder beste akteur....more26minPlay
December 25, 2021Kompas 25 Desember 2021Die Kompas-aanbieders neem jou op 'n nostalgiese rit deur Kersfees en die jong mense gunsteling-herinneringe van hierdie spesiale feesdag. En, die span verras met Kerssang! Kom vier die lig en verskeidenheid Kersfees....more27minPlay
December 24, 2021Kompas 24 Desember 2021Op die vooraand loer ons in by twee bekende jongmense, Craig Adriaanse en Reagan Plaatjies, om te hoor wat hulle planne vir Kersdag en die res van die feesseisoen is. Ons gesels oor alles van die lekker kos tot die stylvolle uitrustings en wie om die tafel is....more19minPlay
December 23, 2021Kompas 23 Desember 2021Almal wil ‘n vel hê wat stralend lyk en gesond is, maar hoe gemaak as jou vel probleme gee? Lindsey Abrahams van Binnelanders-faam vertel van haar persoonlike stryd met haar vel. Dr. Suretha Kannenberg, ‘n dermatoloog, gee raad oor hoe jy jou vel kan versorg om te verseker dat jou vel nie net gesond lyk nie, maar ook onder die oppervlak gesond is....more16minPlay
December 22, 2021Kompas 22 Desember 2021Athina Jansen gesels met marionetbouer en poppespeler, Marelize Viljoen, oor marionetteater. Elanza Swart deel ook haar ervaring van poppeteater....more22minPlay
December 21, 2021Kompas 21 Desember 2021Athina Jansen gesels met psigometris Anri van Jaarsveld oor aktiwiteite en idees vir die vakansie....more27minPlay
December 20, 2021Kompas 20 Desember 2021Athina Jansen praat met die organiseerders van ‘n skrywerswerkswinkel wat in Grabouw plaasgevind het. Majorie Hendricks en Mirtle Philander het dit binne ‘n maand gereël. Twee van die deelnemers vertel ook hoe hulle dit ervaar het, en lees van hulle gedigte voor....more23minPlay
December 17, 2021Kompas 17 Desember 2021Chrislynn Sias kyk na praktiese maniere om jou kerstafel mooi te laat lyk en ruik met min moeite. Sy het by Tarren-lee Habelgaarn en Shihaam Domingo gaan kers opsteek....more21minPlay
December 16, 2021Kompas 16 Desember 2021Afknouery in skole of op sosiale media is ’n wydverspreide wêreldwye verskynsel wat die potensiaal het om kinders nie net fisies te beïnvloed en af te takel nie, maar ook geestelik en sielkundig. Chrislynn Sias praat hieroor met Jesme Swartz, beter bekend as Dikbek Chronicles, en Quinton Adams, ’n opvoedkundige sielkundige....more24minPlay
December 15, 2021Kompas 15 Desember 2021Athina Jansen praat met die bekroonde skrywer en digter, Elias P. Nel, oor die skrywerswerkswinkel wat hy op Worcester aangebied het. Van die deelnemers gesels oor hulle ervaring en deel van hulle gedigte....more27minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.