Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 5 September 2022
    Athina Jansen gesels met die 2023-hoofleiers van Wittedrift Hoërskool wat opgewonde is oor hulle verkiesing. ‘n Model van Pretoria, Lesley-Anne Holworthy, is ‘n rolmodel vir jongmense, en ‘n 19-jarige netbaluitblinker, Johandrie Peens, deel haar prestasies.
    23 min
  • Kompas 2 September 2022
    Die medialandskap is konstant aan die verander, en selfs jongmense sukkel soms om by te bly. Twee jong joernaliste, Jody-Lynn Taylor en Clyde Adams, vertel hoekom jong stemme in dié bedryf so belangrik is, die belangrikheid om aan mense ‘n stem te gee, en wat hulle die meeste van hulle werk geniet.
    18 min
  • Kompas 31 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met Ignatia Pastor, ‘n Graad 11-leerder aan die Hoërskool Proteus in Atlantis, oor haar deelname aan Kaapstad se Junior Stadsraad (2022/2023), en die projekte waarby sy betrokke is. Johan Siljeur, die adjunkhoof van die Cloetesville Sekondêre Skool in Stellenbosch, gee raad oor hoe skoolaktiwiteite leerders kan help om hulle lewe te verander.
    22 min
  • Kompas 30 Augustus 2022
    Colin Green en Johrita Hanekom, vakadviseurs vir Lewensoriëntering, bepreek belangrike aspekte wat leerders sal help met die voorbereiding vir die eksamen wat op 5 September geskryf word.
    28 min
  • Kompas 29 Augustus 2022
    Ann-ne Venter, wenner van die ATKV Skoleredenaarskompetisie in die kategorie vir Afrikaans Huistaal Voorbereid Graad 10 – 12, vertel van dié prestasie en haar toekenning vir Beste Taalgebruiker. Jayden Steenkamp, een van die onder-18 SA Raakrugby-spanlede wat volgende jaar in Engeland aan die Jeug Wêreldbekertoernooi gaan deelneem, gesels rugby-dinge.
    25 min
  • Kompas 26 Augustus 2022
    Wat het dit van jou geverg om jou drome na te jaag en passies uit te leef? Chrislynn Sias gesels met Adrian Mankopan en Keanu Harker oor hulle lewensreis en die struikelblokke wat hulle moes oorkom om te wees waar hulle vandag is.
    18 min
  • Kompas 25 Augustus 2022
    Die kunste is belangrik in skole, en daarom vier baie skole dit met kunstefeese. Mart-Leen Oosthuizen kyk na twee hoёrskole wat onglangs hulle eie kunstefeeste aangebied het.
    28 min
  • Kompas 24 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met Bradley Klein, ‘n joernalis, gemeenskapsleier, entrepreneur en motiveringspreker van Atlantis, oor jongmense se rol in leierskap, aktiewe burgerskap en verantwoordelikheid. Bradley gee ook raad oor hoe om jou eie geleenthede in die lewe te skep, veral in jou loopbaan.
    26 min
  • Kompas 23 Augustus 2022
    Mar-li van der Merwe praat met John Ellis, onderwyskundige vir Siviele Tegnologie in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met die voorbereiding vir die eksamens. Dr. Wibke de Villiers, ‘n dosent in Siviele Ingenieurswese by Stellenbosch Universiteit, vertel wat hierdie beroep behels.
    27 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.