Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 3 Oktober 2022
    Arehan Brand gesels met Ismail Taladia van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, wat werksaam met die vakke, Lewensoriëntering en Lewensvaardighede. Hy deel wenke oor die praktyk van selfgereguleerde en gemengde leer, en hoe leerders dit tot hulle voordeel kan benut vir eksamenvoorbereiding.
    24 min
  • Kompas 29 September 2022
    Top Dogs is ‘n landswye nie-winsgewende organisasie wat honde oplei om terapiehonde te wees. Hulle gebruik die honde in hospitale, ouetehuise en kinderhuise, en selfs universiteite om die studente se stresvlakke te verlaag.
    23 min
  • Kompas 28 September 2022
    KRAGKAMP - Episode 3: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe gee die eerste uitdaging aan die deelnemers. Die bekende Suidooster-akteur en sosiale media boffin, Dean John Smith, gee raad oor selfbemarking, en assesseer ook elke deelnemer se vordering. Wie sal die mas opkom, en wie gaan faal?
    32 min
  • Kompas 27 September 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Keenan Moses, vakadviseur vir Rekeningkunde in die Wes-Kaap, oor wat Matrieks kan verwag in die eksamen. Lohandi Whitmore, ‘n geoktrooieerde rekenmeester, vertel wat haar beroep behels.
    22 min
  • Kompas 26 September 2022
    Arehan Brand gesels met drie leerders aan die Hoërskool Durbanville wat onlangs vir die eerste keer die Suidstreek Afriforum se Dink of Sink-debatskompetisie gewen het. Anne-ne Venter, Megan Lourens en Jacobus Smuts vertel van hierdie prestasie, en die landsfinaal wat voorlê in Oktober.
    29 min
  • Kompas 23 September 2022
    September is bewusmakingsmaak oor polisistiese ovariale sindroom. Marlise September, ‘n neonatale verpleegster, vertel van die siekte en deel haar eie reis met endometriose. Ivor Swartz, ‘n motiveringsspreker en televisieaanbieder, praat oor geestesgesondheid, veral depressie onder mans.
    25 min
  • Kompas 22 September 2022
    TikTok is die gewildste sosiale mediaplatvorm onder jongmense. Mart-Leen Oosthuizen gesels met Jezelle Catherine, ‘n Suid-Afrikaanse TikTok-ster wat 7,5 miljoen volgers het. Hoe is die lewe van ‘n TikTok-ster?
    21 min
  • Kompas 21 September 2022
    Episode 2 van RSG se tiener-realiteitsreeks, KRAGKAMP. Arehan Brand & Mar-li van der Merwe stel jou aan die volgende groep deelnemers bekend wat hul vaardighede en kragte wil slyp. Is die volgende tienerheld in hierdie groep? Hulle is Lisa Maree (14) van die Hoërskool Outeniqua, Solakha Noyi (15) aan die Hoërskool Wittedrift in Plettenbergbaai, Jody Lackay (15) aan die Hoërskool Wellington, en Luané Terblanche (17) van die Hoërskool Bethlehem Voortrekker.
    30 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.