Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 8 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met die wenners en uitblinkers van vanjaar se KKNK Dramaweb SA-kompetisie. Die kompetisie se stigter, Ira Blanckenberg, kuier saam, asook Danelle Jacobs, Ann-ne Venter, Mariska Esau, Marelee Ferreira en Luca Human – almal uitblinkers en wenners van die kompetisie.
    35 min
  • Kompas 5 Augustus 2022
    Wat beteken Vrouedag vir jou? Twee jong onderwysers vertel wat die dag vir hulle beteken, hoe hulle dit gaan vier en wat vroue se vryheid vir hulle beteken.
    21 min
  • Kompas 4 Augustus 2022
    Daar word al van kleins af vir kinders vertel hoe belangrik lees is, maar wat maak dit so belangrik? Skole en ouers moet anders oor lees dink, en hulle kinders op ander maniere motiveer om te lees. Digkuns deur jongmense - bestaan dit nog? Waaroor dig die jeug van vandag?
    26 min
  • Kompas 3 Augustus 2022
    Hoe kry jy werk sonder dat jy vir ‘n lang periode werkloos is? Arehan Brand praat met Johann van Niekerk, die Afrika-spanbestuurder by ‘n finansiële konsultant, oor vaardigheidsontwikkeling. Hy vind ook uit hoe die nie-winsgewende organisasie, Harambee Youth Employment Accelerator, jong Suid-Afrikaners help om werk te kry.
    27 min
  • Kompas 2 Augustus 2022
    Mar-li van der Merwe praat met Trevor Adams, senior onderwyskundige vir Elektriese Tegnologie in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met die voorbereiding vir die eksamens. Dr. Armand du Plessis, ‘n elektriese ingenieur, vertel wat hierdie beroep alles behels.
    27 min
  • Kompas 1 Augustus 2022
    Arehan Brand gesels met Yulienke Jacobs, Miss Teen International South Africa 2022, oor skoonheid- en modelkompetisies. Wilan Basson is onlangs as die o/17 Suid-Afrikaanse Vierkampkampioen aangewys, en hy kuier ook saam. Die Noord-Kaap se Junior adjunkpolisiekommisaris, Danelle Jacobs, vertel van dié amp, asook al haar ander prestasies in taal-, kultuur- en dramadinge.
    30 min
  • Kompas 29 Julie 2022
    Grant Jefthas, ‘n skywer, en Melicia Sny, ‘n maatskaplike werker, het dinge glad nie maklik gehad in die lewe nie, maar daar is nie ‘n opgee-haar op hulle koppe nie. Kom ons put inspirasie uit hulle stories!
    25 min
  • Kompas 28 Julie 2022
    Sowat 345-miljoen mense wêreldwyd het kroniese hepatitis. Hepatitis A (geelsug) is geneesbaar, maar Hepatitis B tot E is nie. Wat is Hepatitus? Hoe beskerm ek myself?
    23 min
  • Kompas 27 Julie 2022
    Charl Davids, die waarnemende direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Studentevoorlightingsentrum, deel gesonde druk- en stres-hanteringsmeganismes en praktyke. Arehan Brand kry raad vir ouers, en wat hulle rol in dié verband in hulle kinders se lewe is. ‘n Paar studente vertel ook van hul stresgewoontes.
    25 min
  • Kompas 26 Julie 2022
    Mar-li van der Merwe praat met Sarelda Koopman van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor die drie-stroom-model, wat leerders beter keuses bied om hulle skoolopleiding te voltooi op grond van hulle aanleg, vermoëns en belangstellings. Dr. Erna Gerryts, 'n opvoedkundige sielkundige by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling by Stellenbosch Universiteit, vertel van ongewone loopbaankeuses wat nie alombekend is nie, of soms misgekyk word.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.