Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,542 episodes available.
May 18, 2022Kompas 18 Mei 2022Arehan Brand kry raad en wenke by Janice Viljoen van EDUvelopment oor Graad 9-vakkeuses. Hy loer in by die Chrysalis Academy in Tokai, en vind uit hoe hierdie instansie die jeug se vaardighede en lewe verbeter....more30minPlay
May 17, 2022Kompas 17 Mei 2022Mar-li van der Merwe gesels met Albert Keet, ‘n opvoedvoedkundige sielkundige, oor studiemetodes en hoe om eksamenstres te beheer. Liezl Kilian, ‘n matriekwiskunde-onderwyser, smoor wiskunde-angs in die kiem, deur wenke vir Vraestel 1 en 2 te deel. Sy gesels ook oor studiemetodes vir hierdie vak....more27minPlay
May 16, 2022Kompas 16 Mei 2022Athina Jansen gesels met drama-uitblinkers wat innoverende maniere vind om werk te skep. Sy praat ook met twee Kanna-wenners. Mandri Sutherland, Carlo Daniels, Adriaan Havenga en René Cloete het raad vir opkomende akteurs....more26minPlay
May 13, 2022Kompas 13 Mei 2022Chrislynn Sias gesels met die twintigjarige Tredeaux Pitout en Audine Kaye oor hulle werk in inligtingstegnologie. Enrico Hartzenberg, 'n skrywer, danser, akteur en vervaardiger, vertel hoe hy ‘n goeie balans handhaaf....more26minPlay
May 12, 2022Kompas 12 Mei 2022Daar is sowat 1 miljard aktiewe gebruikers op Instagram, waarvan 2 miljoen besighede is. Dit maak hierdie platform ideaal vir jongmense om hulle besighede te bemark. Op Instagram is daar ook ‘n nuwe gonswoord - tweedehandse klere. Die impak daarvan om ou klere nuwe lewe te gee, het 'n positiewe impak, en skep nuwe en kreatiewe maniere vir mense om werkloosheid te verminder....more26minPlay
May 11, 2022Kompas 11 Mei 2022Arehan Brand gesels met prof. Jean Greyling en Cornelius Greyling oor kodering en programmering. Hulle bepreek loopbane in dié rigting, en hoekom jongmense nou al moet begin kodeer ter voorbereiding vir toekomstige loopbane. Morné Jansen van Vuuren, ‘n aanlyn speletjie-ontwikkelaar vertel van sy ervaring in dié veld, en hoe jy vandag al kan leer om te kodeer....more26minPlay
May 10, 2022Kompas 10 Mei 2022Anita van Vuuren van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement praat oor die opleiding van onderwysers in e-leer....more22minPlay
May 09, 2022Kompas 9 Mei 2022Athina Jansen gesels met twee uitblinkers wat hulle nagraadse studies aangepak het. Ayesha Shaikh is tans besig om haar doktorale studie in plantpatalogie te voltooi, en Jaco Du Plooy het onlangs sy meestersgraad in Frans verwerf. Hulle praat oor hulle prestasies, en gee raad vir leerders wat verder wil studeer....more21minPlay
May 06, 2022Kompas 6 Mei 2022Wat is hierdie winter se grimeertendense? Hoe kan ‘n danser net uithou en aanhou? Chrislynn gesels grimering en wintertendense met twee grimeerkunstenaars, Kyra Loubser en Andrea Hurter. Die talentvolle, Clarischka Viljoen, wat onlangs vyf goue medaljes by die Battle of the Giants All Styles Dans en Sportfees los gedans het, kuier in die atlejee....more26minPlay
May 05, 2022Kompas 5 Mei 2022Onderrig in jou moedertaal help met die kritiese ontwikkeling van denke en geletterdheidsvaardighede. Navorsing wys ook dat kinders en leerders wat in hulle moedertaal onderrig ontvang, die kurrikulum makliker verstaan. Vaardighede wat in die moedertaal geleer is, hoef nie weer geleer te word wanneer die kind oorskuif na ‘n tweeede taal nie....more28minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,542 episodes available.