Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 12 Desember 2022
    Arehan Brand gesels met Ophola Mente, ‘n matrikulant aan die Hoërskool George Randell in Oos-London, wat onlangs die wenner van die Vroue in Fisika in Suid-Afrika Hoërskole-kompetisie was. Hulle gesels oor vroue se rol in dié en die STEM-velde.
    23 min
  • Kompas 9 Desember 2022
    Hoe kan 'n mens stylvol lyk met minimale moeite, én met 'n klein begroting? Watter vyf items móét jy in jou kas hê? Kelly-lee Ohlson en Eileen Hamer, twee modekenners, vrbreed ons kennis en kry ons reg vir die somer!
    27 min
  • Kompas 8 Desember 2022
    Die Johannesburg Modeweek het vanjaar sy 15e verjaarsdag gevier. Een van die organiseerders, Janet Potgieter, vertel wat vanjaar se geleentheid so spesiaal maak. Sy gesels ook oor modelle, modelskole, hoe modelle vir die modeweek gekies word, en hoe tegnologie, veral selfone, die modebedryf verander.
    24 min
  • Kompas 7 Desember 2022
    KRAGKAMP - Episode 13: Die deelnemers praat steeds ‘n hond uit ‘n bos, wanneer hulle verder debatteer. Dr. Elbie Adendorff van die Universiteit Stellenbosch en beoordeelaar vir hierdie uitdaging, gee terugvoer.
    32 min
  • Kompas 6 Desember 2022
    Vroteier, Blindemol en Slangetjies en Leertjies is van kinders se gunsteling vakansiespeletjies wat ook wiskundige denke stimuleer. Engela Claassen,‘n vakadviseur by die Kaapse Wynland Onderwysdepartement, gee raad aan ouers oor wat hulle kan doen om hulle kinders se Wiskunde tydens die skoolvakansie te versterk.
    27 min
  • Kompas 5 Desember 2022
    Arehan Brand gesels met Miché van Wyk, ‘n dramastudent aan die Universiteit Stellenbosch wat onlangs haar eie produksie, Is Als Orraait in die Huis van die Here, op die planke gebring het. Miché vertel wat dit vir haar  beteken om haar lewenslange droom te verwesenlik.
    31 min
  • Kompas 2 Desember 2022
    Ons gesels oor dans in al sy vorme. Chrislynn Sias praat met Ingrid Beets, stigter van die Ingrid Beets School of Dance. ‘n Danser, Gillian Jacobs Dirks, gesels oor haar liefde vir dans.
    22 min
  • Kompas 1 Desember 2022
    Die BRICS Somerskool gee die geleentheid aan 50 jong leiers van BRICS-lande om 'n reeks werkswinkels en lesings by te woon, wat fokus op die ekonomie, politiek, kultuur en die ontwikkeling van BRICS. Die skool word aangebied in samewerking met die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap en die Durbanse Universiteit van Tegnologie. Reon van der Merwe en ander deelnemers gesels oor hoe hierdie initiatief deure sal oopmaak en hoe leerders betrokke kan raak.
    23 min
  • Kompas 30 November 2022
    KRAGKAMP - Episode 12: Die die deelnemers skop af met hulle sesde uitdaging, Debat en Kritiese Denke!. Dr. Elbie Adendorff van die Universiteit Stellenbosch is die kenner en beoordelaar. Sy deel wenke oor hierdie vaardigheid. Die deelnemers voer ook debatte oor verskeie interessante onderwerpe.
    27 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.