Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 23 Desember 2022
    Theodore Jantjies vertel van die produksie, Platform 9 Homecoming, Kersfees en die nostalgie daarvan. 'n Paar bekendes deel hulle seënwense en Kersplanne.
    22 min
  • Kompas 22 Desember 2022
    Lenka van Dyk werk op ‘n skip, en het al in die buiteland ge aupair. Sy gee wenke oor hoe om goedkoop te reis, en vertel van haar  ondervindings as ‘n jong toeris.
    25 min
  • Kompas 21 Desember 2022
    KRAGKAMP - Episode 5: Die laaste twee deelnemers kry die geleentheid om hulle debatte te voer oor gratis tablette en skootrekenaars vir huiswerk, én of ouers toegelaat moet word om hulle kinders se bewegings via hul selfone te monitor. Die punteleer word ook opgedateer, en ‘n belangrike aankondiging word gemaak.
    29 min
  • Kompas 19 Desember 2022
    Arehan Brand gesels met Ruchelle Botha, ‘n WP Aksie Netbal-speler,  oor haar passie vir dié sportsoort. Sy deel ook fiksblywenke vir die feesseisoen om die kersete en vakansiekos weg te brand.
    26 min
  • Kompas 16 Desember 2022
    Wêreldwyd het 27% van vroue en meisies van 15 en ouer óf fisiese óf seksuele mishandeling ervaar, maar in Suid-Afrika is die syfer 'n verbysterende een-derde of selfs 50%. Chrislynn Sias praat met Enrico Hartzenberg en Gershwin Mias oor hoe geslagsgebaseerde geweld aanleiding gegee het tot die teaterproduksie, Vloeibare Moed.
    26 min
  • Kompas 15 Desember 2022
    As jy dit moeilik vind om vir mense kersgeskenke te koop, sal hierdie werkswinkel jou leer om kreatiewe naamkaartjies en ander kaartjies te maak om jou geliefde spesiaal te laat voel, sonder dat dit ‘n arm en ‘n been kos. Wees kreatief hierdie kersseisoen en maak jou eie kersgeskenke. Ilze de Villiers lei die werkswinkel, en verduidelik hoe om verskeie maklike kersgeskenke te maak.
    28 min
  • Kompas 14 Desember 2022
    KRAGKAMP - Episode 14: Die tonge klap wanneer die res van die deelnemers verder debatteer. Dr. Elbie Adendorff, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch en beoordeelaar vir hierdie uitdaging, gee terugvoer.
    20 min
  • Kompas 13 Desember 2022
    Neville Goliath, die Wes-Kaapse Programbestuurder van die Positiewe Gedragsprogram, vertel vir Mar-li van der Merwe van die program en hoe die onderwysdepartement skole wil skep wat omgee.
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.