Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 28 November 2022
    Athina Jansen gesels met leerders van die Wes- en Noord-Kaap tot Gauteng wat is uitblinkers is in musiek, drama en in leierskap. Sy vind ook meer uit oor Strings Academy, ‘n musiekskool waar leerders ‘n instrument kan leer speel.
    24 min
  • Kompas 25 November 2022
    Movember is 'n jaarlikse geleentheid wat die groei van snorre behels om bewusmaking te skep van mans se gesondheidskwessies, soos prostaatkanker, testikulêre kanker en die voorkoming van selfdood. Dr. Gerald Maarman en Moenier Hendricks praat oor Movember.
    22 min
  • Kompas 23 November 2022
    KRAGKAMP - Episode 11: Die laaste paar deelnemers voltooi hulle effektiewe tydsbestuur-uitdaging. Eloise Cupido, die beoordeelaar vir hierdie uitdaging, deel haar insig, gee raad en punte. Twee van die deelnemers  het drooggemaak met hierdie uitdaging... Wat het verkeerd geloop? Arehan Brand en Mar-li van der Merwe vind uit.
    33 min
  • Kompas 22 November 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Rhozane Dreyer-Albanie, vakadviseur vir Besigheidstudies in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, oor die uitdagings wat matrieks ondervind asook wanopvattings en algemene foute wat kandidate in vraestel 1 maak.
    27 min
  • Kompas 21 November 2022
    Arehan Brand gesels met Matthew Blaauw, Larissa Kamstra, Mia Ludick en Dané Schönborn, die wenners van die Maak My ‘n Miljoenêr – Entrepreneur van die Jaar kompetisie. Albert van Wyk, die stigter van die kompetisie, vertel van die verskillende rondes en of die kompetisie weer sal plaasvind.
    27 min
  • Kompas 18 November 2022
    Om jou eie besigheid te begin is nie ‘n katjie wat jy sonder handskoene wil aanpak nie. Lee-Anne Maart vertel van haar besigheid, Craze Zone. Jolene Hollenbach, ’n vroedvrou, praat oor haar werk en passie vir vroue en hulle gesondheid.
    22 min
  • Kompas 16 November 2022
    KRAGKAMP - Episode 10: Die deelnemers moet hulle dag haarfyn beplan, want die fokus is op effektiewe tydsbestuur. RSG se Eloise Cupido is die kenner en beoordeelaar vir hierdie vaardigheid, en sy deel ook wenke oor hoe om jou tyd verantwoordelik te beplan.
    32 min
  • Kompas 15 November 2022
    Mar-li van der Merwe gesels met Jean Goliath, adjunkhoof-onderwyskundige vir Lewenswetenskappe in die Wes-Kaap, oor belangrike aspekte wat leerders kan help in hulle voorbereiding vir die eindeksamen.
    28 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.