Het jy ‘n passie vir speletjies bou en die agter-die-skerms deel van die ontwikkelingswêreld? Barrie Ferreira kyk na speletjiesontwikkelaar as ‘n studierigting.
Nadia Moolman, die stigter van Nanuki, vertel hoe ons gesond met ons allergieë in gedagte, kan eet sonder om al die lekker dinge in die lewe prys te gee. Vanessa Mhlom, die stigter van Pleroma, vertel van ‘n nuwe manier om jou vitamiene in te neem.
As deel van ons matriek-hersieningsreeks fokus ons op wat matrikulante moet weet om goed te presteer in Poësie, wat deel is van Afrikaans Huistaal se letterkundevraestel.
Abrakadabra! Is dit só eenvoudig om ‘n beroep as ‘n kulkunstenaar te volg? Ons gesels met iemand wat meer as 25 miljoen volgelinge op sosiale media het, wat sy kulkunsies volg.
Vier lede van die Stellenbosch Universiteitskoor gesels oor hulle onlangse toer na Denemarke, waar hulle teen 132 kore van 33 lande meegeding het. Hulle moedig studente aan om ook by ‘n koor aan te sluit.