Dr Hannetjie van Zyl-Edeling praat oor die invloed wat kleur op jou het, en hoe jy dit tot jou voordeel kan gebruik wanneer dit by produktiwiteit, stres en selfs eerste indrukke kom.
Waarheen gaan jongmense om uiting te gee aan hulle emosies. Met wie kan hulle praat? Wie luister? Dít is die vrae wat die Millborrows gehad het. Hulle het toe 'n projek begin waar hulle leerders 'n uitlaatklep gee vir hulle emosies, en werklik na hulle luister.
Adriaan Havenga en Janco Nel gesels oor hulle gedagteprikkelende verhoogproduksie, Om skoon te wees, en oor die sterk temas wat jong gehore laat nadink.
In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou sluit ons die reeks af met wat Lewenswetenskappe en Geografie as keusevakke behels van Graad 10 tot 12.
Gian-Quen Isaacs is Suid-Afrika se ysprinses! Sy was die enigste figuurskaatser wat Afrika by die Vier Kontinente Kampioenskappe verteenwoordig het. Sy vertel hoe sy hierdie druk op só 'n jong ouderdom hanteer.
Hommeltuigkenner Lyverne Prinsloo leer vir Chloè van Rooyen meer oor hommeltuie, wat die werksgeleenthede in hierdie veld is, en hoekom dit 'n loopbaan is wat skoliere moet oorweeg.
25 min
About Kompas
From the publisher's feed
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.