Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 27 Junie 2025
    Het jy geweet dat selfmoord die vierdie grootste oorsaak is van dood onder jong mans tussen die ouderdom van 15 en 24? Barrie Ferreira kyk na die geestestoestand van jong mans in Suid-Afrika.
    23 min
  • Kompas 25 Junie 2025
    Is die aarde te klein vir jou? Is die heelal iets wat jou prikkel? Ons praat met ‘n dosent oor beroepe wat met die ruimte te doen het.
    23 min
  • Kompas 24 Junie 2025
    Leer jy hard, of leer jy slim? Juffrou Melanie vertel hoe ons breindominansie effektief kan gebruik en ‘n geïntegreerde, heelbreinbenadering kan bereik.
    25 min
  • Kompas 23 Junie 2025
    Chloè van Rooyen vind meer uit van bemarkingbestuur as 'n studierigting. Sy hoor wat die toelatingsvereistes is, hoekom dit 'n goeie opsie is vir voornemende studente, en hoe die werksgeleenthede lyk.
    27 min
  • Kompas 20 Junie 2025
    Is jy ‘n hoërskoolleerder wat nie te goed gedoen het in die Junie-eksamen nie? Wat van winterskool as ‘n manier om jou akademies te ondersteun?
    26 min
  • Kompas 19 Junie 2025
    Annalize Thiart, ‘n entrepreneur wat haar passie in ‘n suksesvolle besigheid verander het, leer jongmense om te brei en hekel.
    24 min
  • Kompas 16 Junie 2025
    Afrigter Ashley Louw het besef dat die sportstruktuur in Upington nie baie sterk is nie, en het die behoefte gesien vir ʼn rugbyklub vir jong manne. Die klub het 'n enorme impak gehad op en van die veld af. En, in die Cederbergstreek word kunstenaars tydens Jeugmaand bemagtig deur werkswinkels en loopbaanuitstallings.
    22 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.