Barrie Ferreira kyk na die belangrikheid van speel op Wêreld Speeldag, en vind meer uit van ‘n intersante speelinitiatief by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit.
Om Wêreld Oseanedag te vier, het Hazel Janse van Rensburg vir Krish Lewis genooi om jongmense meer oor sy werk by 'n akwarium te vertel. Ons vind uit hoeveel harte ‘n seekat het, hoe om by ‘n duikskool aan te sluit, en watter rol die gesondheid van oseane in ons lewe op land speel.
Wanneer 'n gemeenskap saamstaan en hande vat, kan berge verskuif word en die onmoontlike, moontlik word. HOPE IS A VERB is 'n gemeenskapsorganisasie wat hoop vir hulle gemeenskap bring deur op t e tree. Hulle help studente en jongmense met studie- en werkaansoeke, en sodoende pak hulle een van die grootste uitdagings in hulle gemeenskap aan - werkloosheid.
Om te skuld of nie te skuld nie? Dít is die vraag. Is skuld goed of sleg, en hoe moet ‘n mens te werk gaan om goed met skuld te werk? As jy skuld gebruik om iets te koop wat in waarde groei, of wat jou in die toekoms kan help om meer geld te maak, soos ‘n graad op universiteit of ‘n besigheid, dan kan dit slim wees.
Hendrik Jacobs van Open Window vertel hoe kunsmatige intelligensie kreatiwiteit beïnvloed. Hy beantwoord ook die vraag of kreatiwiteit aangeleer kan word.