Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 30 Mei 2025
    Barrie Ferreira kyk na die impak van pornografie op jongmense se lewe, en praat met iemand wat deur so ‘n verslawing is.
    25 min
  • Kompas 27 Mei 2025
    Sal jy ‘n orgaan skenk om ‘n vriend se lewe te red? Dis die vraag wat Dean Frost in die gesig gestaar het toe sy vriend Francois Swartz ‘n nier nodig gehad het.
    23 min
  • Kompas 26 Mei 2025
    Is jy moeg daarvan om elke week dieselfde kos te eet? Soek jy raad oor hoe om met 'n klein begroting kos te koop? Chloè van Rooyen vind by 'n paar jongmense uit wat hulle gunsteling disse is, en hoe hulle sorg dathulle hulle geld op die beste moontlike manier gebruik. Charisa Weyers van Vrek Lekker deel 'n paar van haar resepte.
    24 min
  • Kompas 23 Mei 2025
    Almal het daai een persoon met wie ons nie oor die weg kom nie. Hoe gemaak wanneer jy met hierdie persoon moet saamwerk?
    24 min
  • Kompas 22 Mei 2025
    Kompas vier Wêreld Teedag, wat op 21 Mei was. Lize du Preez, die bemarkingsdirekteur van Carmien-rooibostee, vertel meer van die produksie van hierdie eg Suid-Afrikaanse kommoditeit.
    23 min
  • Kompas 21 Mei 2025
    Hoe verander die definisie van plagiaat, namate kunsmatige intelligensie al hoe meer deur studente gebruik word op universiteit?
    23 min
  • Kompas 20 Mei 2025
    Hazel Janse van Rensburg het die eindronde van Tribuo se Proscenium-dramakompetisie bygewoon, en by die top agt gehoor wat hulle raad aan jong aspirantakteurs is.
    24 min
  • Kompas 19 Mei 2025
    Met meer as 29 jaar se ervaring in die polisiediens, vertel Richard Brussouw wat die beste manier is om jouself teen motorkaping te beskerm.
    23 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.