Chloè van Rooyen kry wenke om jou toesprake en mondelinge toetse op ʼn ander vlak te sit, en jou vrees te hanteer. Sy delf ook dieper in die wêreld van yster en aambeeld, en vind uit wat die werk van 'n hoefsmid alles behels.
Barrie Ferreira daag die musiekgroep, ONS, uit om ‘n liefdesliedjie vir mekaar te skryf binne slegs 30 minute. Hy gesels ook met van die akteurs van die nuwe reeks, Reënboogrand, om hulle menings oor Valentynsdag te kry.
Felicia Richardson het as tiener deur baie trauma gegaan, wat daartoe gelei het dat sy haarself begin leed aandoen het. Sy deel haar storie. 'n Sielkundige praat oor die realiteit van selfskending onder die jeug van Suid-Afrika.