Barrie Ferreira gesels met die ander Kompasaanbieders oor dankbaarheid. Hulle vertel waarvoor hulle dankbaar is in die jaar wat verby is, en van die Kerstradisies wat hulle saam met hulle families volhou.
Chloè van Rooyen gesels met twee organisasies wat help om Kersfees spesiaal te maak vir groot en klein. Voetligbediening sorg dat soveel moontlik mense 'n lekker bord kos het, en Dancing with Nature bied aan jong dansers die geleentheid om hulle talent uit te oegen deur gratis optredes in parke reg oor Kaapstad.
As lugwaardin het Dee Theart die wêreld plat gereis. Sy het ook ‘n keer of twee die buiteland alleen aangepak. Sy vertel hoe jy jou droom om oorsee te reis, kan bewaarheid.
Petra van der Linde, ‘n dieetkundige, deel ‘n gesonde soet-en-sout-resep om die vakansie te geniet, asook wenke om gesond te bly tydens die feesseisoen sonder om die lekker dinge in die lewe mis te loop.
Jurgen Romario McEwan deel sy oorlewingsgids vir jong akteurs met ons. Hy vertel waar sy akteursreis begin het, wat hy in die droë seisoene doen, en hoe hy passie lewend hou.