Louise Coetzee van die Durbanville Kinderhuis gesels oor minder tradisionele kersvakansies, om jongmense wat dalk hierdie feesseisoen alleen voel, hoop te gee.
Chloè van Rooyen gesels met 'n sielkundige oor liefdestaal, en hoe dit jou kan help om die beste kersgeskenke vir iemand kan gee. Sy hoor ook watter geskenke ons van herwinbare materiaal kan maak.
Ons is op ‘n missie om jongmense aan te moedig om meer volhoubaar te leef. Carla Troskie, die voorsitter van die NWU se Groenspan , verduidelik hoe dit gedoen kan word.
Ons vier Wêreld Kinderdag, en praat met kinders oor wat hulle dink van klimaatsverandering, konflik, oorlog, en of die leiers van die land hulle raaksien.
Chloè van Rooyen praat met 'n slaapterapeut oor die belangrikheid van slaap vir tieners. Watter slaapversteurings kom die meeste voor onder jongmense? Hoe ontwikkel ek 'n goeie slaaproetine?